Eetgerei vir eerste kossies

Soos ek in 'n vorige post (kliek hier om dit te lees) gesê het, doen ons Baby Led Weaning (BLW). Ek gee kos op sy bordjie/tafeltjie en voer hom glad nie.

Hier is 'n paar van die goedjies wat ek gebruik en verfyn het tot die nodigste met #3.

Stoeltjie/tafel
Baba moet 'n stewige stoel met skinkbord hê om by te eet of by die tafel saam met ander.



Bib/ Borslap
Verkieslik een wat die kos gaan opvang want in die begin is hulle hand tor mond koördinasie maar twyfelagtig.

Bord/ bakkie
As jy kan, vergeet van 'n bord, maar as die bord behoorlik klou op die tafel sal ek dit aanbeveel want die lippie van die bord/bakkie help klein vingertjies wat nog oefen om kos te vat.




Lepel
Gebruik van die begin af regte eetgerei so ver moontlik.  Ek verkies egter in die begin om 'n metaallepel met sagte bakkie voorkant te gee.


Vurk
Koekvurkies is 'n wenner of die een wat jy saam met jou lepel gekoop het.


Beker, bottel, glas
Ons probeer so gou as moontlik dat baba uit 'n glas drink maar 'n strooitjie bottel is beter as 'n sippy bottel. Die suigaksie is belangrik vir spraakontwikkeling.



Jy kan al die bogenoemde items hier koop:
Eetstoeltjie wit https://www.pepstores.com/search/high%20chair
Eetstoeltjie aan tafel https://www.takealot.com/easy-lunch-hook-on-chair/PLID53331395?gclsrc=aw.ds
Bumbo https://www.dischem.co.za/bumbo-multi-seat
Bib https://www.mrphome.com/en_za/silicone-baby-bib-3302021902
Bord https://www.biddykins.co.za/Biddykins_non-slip-bowls/Non-slip-Silicone-Feeding-Placemat-Dark-Blue
Bakkie https://www.biddykins.co.za/Biddykins_non-slip-bowls/Pink_Silicone_Bowl_and_Place-mat
Lepel Kyk by checkers of shoprite
Vurk https://www.takealot.com/eetrite-newport-cake-fork-set-6-piece/PLID28169919
Botteltjie https://www.tommeetippee.co.za/product/trainer-straw-cup


Lekker eet.
Groete Mamma S




Comments

Popular posts from this blog

Natuurlike raad vir baba met winde

Medisyne lys vir babas

Vinnige, maklike, 4 bestanddele dadelballetjies