Raad vir haarverlies na geboorte

Met elkeen van my 3 babas het my hare begin uitval om en by 3 maande na geboorte. Dit is blykbare 'n normale verskynsel en baie mammas ondervind dit. Maar wat kan jy doen daaromtrent?
Lees gerus hier meer oor nageboortelike haarverlies: https://www.mamanatural.com/postpartum-hair-loss/

Hier is 'n paar wenke wat my gehelp het:
1. Minder was
Probeer jou hare se wasroetine aanpas. Probeer die dae tussen wasse rek.

2. Minder of geen produkte gebruik
Gebruik minder sjampoe en opknapper of probeer selfs geen sjampoe nie. (kliek hier om meer hieroor te leer)

3. Minder stilleer en kam
Maak jou hare vas op 'n eenvoudige manier sodat jy nie gedurig daarmee karring nie. Dis nie nou die tyd om ingewikkelde vlegsels en haarstyle te probeer nie.

4. Vermy hitte
Hitte maak die min hare wat oor is bros wat dan maklik kan breek. Laat jou hare natuurlik droog word.

5. Geduld
Hierdie is net 'n fase wat gewoonlik teen 6 maande na geboorte sal oorwaai. Jou hare gaan nie alles uitval nie al dink jy nou so.

Sterkte mamma, weet net dit sal verby gaan.

Groete Mamma S

Comments

Popular posts from this blog

Natuurlike raad vir baba met winde

Medisyne lys vir babas

Vinnige, maklike, 4 bestanddele dadelballetjies