Wenke vir skoonmaak met klein kinders

Ek het tans 3 klein kindertjies wat 4jr, 2jr en 8 maande oud is. My tyd is baie beperk maar ek hou daarvan dat my huis skoon moet wees. Daar is baie manier om dit reg te kry en elke gesin moet doen wat vir hulle werk. 

Ander metodes om dit ook reg te kry is om een taak per dag te doen soos om net stofsuig of om een vertrek per dag te doen soos net die badkamers. Die metode wat ek hier gaan bespreek is wat vir ons werk.

Ons maak 1 maal per week, gewoonlik Sondagoggend, die hele huis skoon. Stofsuig, afstof, was vloere, trek beddens oor ens. Al wat dan nodig is, is om dit te onderhou gedurende die week. Hier is `n paar wenke oor hoe ek die basiese take elke dag verrig.

55555  Die vinnige vyf  55555

Elke oggend en middag doen ek 5 basiese takies om orde in die huis te herstel.

1. Maak beddens op.

2. Doen 1 bondel wasgoed. 


3. Vee alle werksoppervlakte, wasbakke en tafels af.

4. Vee die vloer, net waar nodig.

5. Doen skottelgoed. 

Ek gaan deur die bg lysie 2 maal per dag. Dit vat my net 15 minute en alles is reg vir die dag. 
In die oggend gooi ek wasgoed in die masjien en hang later op en vanmiddag vou ek die wasgoed op. 

Moedig jou kinders aan om te help. Dis lekker lewensvaardighede wat hulle in elk geval op een of ander stadium sal moet leer. Maak dit pret dat hulle sal wil deelneem.

Watter wenke het julle vir skoonmaak?

Groete Mamma S


Comments

Popular posts from this blog

Natuurlike raad vir baba met winde

Medisyne lys vir babas

Vinnige, maklike, 4 bestanddele dadelballetjies