Posts

Medisyne lys vir babas

Image
Elke mamma wil voorbereid wees vir die koms van haar baba. Maar elke aftiklysie van wat belangrik is vir baba sê net medisyne vir baba . Nou wat nou gemaak? Hierdie is my lysie van die medisyne wat jy gerus kan aanhou in jou huis. Jy hoef nie `n apteek aan te hou binne jou huis nie, maar `n paar essensiële items kan jou net help deur `n moeilike aand. Ek probeer so natuurlik as moontlik gaan met `n paar uitsonderings. Termometer - Digitaal en infrarooi is baie gerieflik. Baba  paracetamol  soos Panado of Calpol vir koors/pyn (maak net seker dis ouderdom gepas) Spasmopep Junior vir winde ( kliek hier en lees gerus meer hieroor ) Naelknipper of skêrtjie Medisyne drupper Snotsuiger soos Nose Frida of bulb syringe Saline druppels (soutwater) of borsmelk Vicks Baby of bloekomolie Petroleum jellie of klapperolie vir die eerste doeke Boudsalf of Sinksalf of mielieblom ( kliek hier ...

Na-geboorte sorg vir mamma

Image
In vergelyking met ander lande soos bv Finland, is die Suid-Afrikaanse mediese dienste nie op standaard as dit kom by na-geboortelike sorg van mammas nie. Baie mammas sal kla dat hulle nie veel inligting ontvang het na geboorte nie en die wat wel inligting gekry het, weet dikwels nie hoe om dit te toe te pas nie. Dikwels word teenstrydige inligting deur verskillende persone in die veld gegee. Ek glo dat kennis is mag. Deur navorsing te doen voor geboorte, verskillende boeke te lees en ander mammas se positiewe stories te hoor kan `n nuwe mamma net goed doen. Daar is wel verskeie mense daar buite wat dink deur hulle nagmerrie verhaal vir jou te vertel dit jou sal voorberei maar dit is dikwels nie die geval nie. Dit boesem onnodige vrees in by die nuwe mamma.  Maar vandag wil ek graag gesels oor na-geboortelike sorg. Spesifiek oor die area waarvan min vrouens weet, selfs na geboorte: die perineum. Die perineum word as volg gedefinieer: " Die  perineum  in menslike...

Hospitaalsak vir Mamma

Image
Ek het reeds `n post geskryf oor `n  hospitaalsak vir baba en al is dit 2 jaar terug geskryf, is dit steeds wat ek inpak vir baba #3 wat in 5 wekies opdaag. Maar vandag wil ek fokus op wat Mamma alles moet saam vat hospitaal toe. Hierdie is my minimalistiese lys en dek nie alles onder die son nie, want elke mamma verskil en die plek waar jy kraam voorsien dalk meer of selfs minder as die hospitaal waar ek kraam. Maar nietemin, hier is my lysie van belangrike artikels wat ek in my hospitaalsak pak. ****(Ek wil net byvoeg dat ek beplan op `n normale natuurlike geboorte sonder pynmedikasie/epiduraal) Vir kraam: Mediese dokumente en ID afskrif Geboorteplan (lees meer hieroor) Gemaklike groot t-hemp/klere Kouse vir as jou voete vries Energiedrankie soos powerade/game Energiestaffie/jellies Enige iets wat jy gaan benodig om kraam geriefliker te maak soos musiek ens. Vir na-geboorte: Panties en Boys-cut broekies of jy kan weggooi panties ook kry. Doekies soo...

Plastiekvry - Kinders

Image
As deel van plastiekvrye Julie ( Plastic free July )  wil ek graag die areas in die huis aanspreek waar die meeste plastiek verbruik word en wat ons kan doen om dit te verminder. Ons gaan vandag aan met die tema "kinders". (As jy graag die kombuis weergawe wil lees,  kliek hier  en die badkamer weergawe, kliek hier ) Kinders kan verskriklik baie plastiekafval produseer. Van geboorte tot volwassene is dit eintlik skokkend hoeveel plastiekafval `n kind bydra. Meeste van hierdie afval is ons as ouer se skuld en nie die kind s'n nie. Kom ek verduidelik my stelling deur weer na die leuse van herwinning te kyk:  REFUSE, REUSE, REDUCE, RECYCLE. REFUSE (Weier) Wanneer `n kind gebore word, begin hierdie kind verbruik. Of dit nou klere, speelgoed of doeke is. Deur van geboorte af te weier om plastiek te koop, sal noodwendig die afval verminder. Gebruik eerder lapdoeke as weggooi plastiekdoeke wat nie herwin kan word nie. ( Lees hier meer oor lapdoeke ) Gebruik eerder tu...

Plastiekvry- Badakamer

Image
As deel van plastiekvrye Julie ( Plastic free July )  wil ek graag die areas in die huis aanspreek waar die meeste plastiek verbruik word en wat ons kan doen om dit te verminder. Ons gaan vandag aan met die badkamer. (As jy graag die kombuis weergawe wil lees, kliek hier ) Die badkamer kan, nes die kombuis, verskriklik baie plastiekafval produseer. Kom ons kyk weer na die leuse van herwinning: REFUSE, REUSE, REDUCE, RECYCLE. REFUSE (Weier) In die badkamer gebruik ons baie items wat net eenvoudig nie herwin kan word nie. Sanitêre items is iets wat meeste vrouens gebruik en dit is 100% nie herwinbaar nie. Ek gebruik eerder lapdoekies.( Lees meer hieroor ) Deur te weier om die produk te koop, stel jou reeds in staat om minder afval te produseer. REUSE (Hergebruik) Baie van ons koop eerder `n nuwe bottel van `n produk eerder as `n bottel te hervul. Indien jy reeds `n nuwe bottel gekoop het, probeer om die ou bottel uit te spoel en êrens anders in die huis te gebruik eerd...