Hospitaalsak vir Mamma

Ek het reeds `n post geskryf oor `n hospitaalsak vir baba en al is dit 2 jaar terug geskryf, is dit steeds wat ek inpak vir baba #3 wat in 5 wekies opdaag.
Maar vandag wil ek fokus op wat Mamma alles moet saam vat hospitaal toe.

Hierdie is my minimalistiese lys en dek nie alles onder die son nie, want elke mamma verskil en die plek waar jy kraam voorsien dalk meer of selfs minder as die hospitaal waar ek kraam. Maar nietemin, hier is my lysie van belangrike artikels wat ek in my hospitaalsak pak.

****(Ek wil net byvoeg dat ek beplan op `n normale natuurlike geboorte sonder pynmedikasie/epiduraal)

Vir kraam:
  • Mediese dokumente en ID afskrif
  • Geboorteplan (lees meer hieroor)
  • Gemaklike groot t-hemp/klere
  • Kouse vir as jou voete vries
  • Energiedrankie soos powerade/game
  • Energiestaffie/jellies
  • Enige iets wat jy gaan benodig om kraam geriefliker te maak soos musiek ens.
Vir na-geboorte:

  • Panties en Boys-cut broekies of jy kan weggooi panties ook kry.

  • Doekies soos verkies: lapdoekies of weggooidoekies

  • Borsvoedingsbras 
  • Gemaklike klere of selfs pajamas
  • Plastieksakkies vir vuilklere ens.
  • Donker kleur handdoek
  • Stortgoedjies soos seep, shampoo, ens
  • Haarborsel en rekkies ens.
  • Tandeborsel en tandepasta
  • Medisyne of natuurlike pynverligters
         - Arnica tablette


         - Rescue remedy


         - Perineal sproei (hoe om dit self te maak)
         - Tepelroom

         
  • Kamera
  • Selfoonlaaier
  • Notaboek en pen
  • Oorfone
  • Kontant/geldjies
  • Peuselgoedjies en baie water
Die volledige lys in drukbare weergawe is hieronder beskikbaar.

Hospitaalsak vir mammas

Ek hoop dit dien as `n riglyn vir ander mammas wat geen idee het wat om in te pak nie. Onthou asb dat hierdie lys nog baie ander goedjies kan bevat maar ek verkies om so min as moontlik in te pak.

Groete Mamma S




Comments

Popular posts from this blog

Natuurlike raad vir baba met winde

Medisyne lys vir babas

Vinnige, maklike, 4 bestanddele dadelballetjies