Plastiekvry- Badakamer



As deel van plastiekvrye Julie (Plastic free July) wil ek graag die areas in die huis aanspreek waar die meeste plastiek verbruik word en wat ons kan doen om dit te verminder.

Ons gaan vandag aan met die badkamer. (As jy graag die kombuis weergawe wil lees, kliek hier)

Die badkamer kan, nes die kombuis, verskriklik baie plastiekafval produseer. Kom ons kyk weer na die leuse van herwinning: REFUSE, REUSE, REDUCE, RECYCLE.

REFUSE (Weier)
In die badkamer gebruik ons baie items wat net eenvoudig nie herwin kan word nie. Sanitêre items is iets wat meeste vrouens gebruik en dit is 100% nie herwinbaar nie. Ek gebruik eerder lapdoekies.(Lees meer hieroor) Deur te weier om die produk te koop, stel jou reeds in staat om minder afval te produseer.


REUSE (Hergebruik)
Baie van ons koop eerder `n nuwe bottel van `n produk eerder as `n bottel te hervul. Indien jy reeds `n nuwe bottel gekoop het, probeer om die ou bottel uit te spoel en êrens anders in die huis te gebruik eerder as om dit net weg te gooi. 



REDUCE (Verminder)
Waar moontlik kan produkte eerder in reeds herwinbare houers aangekoop word. Dink aan iets soos `n glasbottel of `n bamboes tandeborsel of selfs hout/bamboes oorstokkies. 


Verpakking is altyd `n tameletjie want die kleinste produk word toegedraai in plastiek. As jy stoor plek het, koop eerder die grootste maat van die produk as om die kleiner weergawe te koop. Dit verminder reeds die verpakking, want waar jy 2 sepies van 100g elk in sy eie verpakking gekoop het, koop jy nou eerder 200g sepie in `n enkele verpakking.


RECYCLE (Herwin)
Wanneer ons met badkamer vullis werk, sal ons agterkom dat dit meestal in 3 kategorieë kan verdeel word. Die een is nie-herwinbare afval soos sanitêre ware, die tweede is plastiek soos verpakking en die 3de is papier soos toiletrolletjies en boksies. 


Onthou dan om hierdie papierprodukte eerder uit te haal en by die papierboks in die kombuis te voeg. Sortering van vullis is `n goeie eerste stap in herwinning van ons afval.

Ek hoop hierdie gee ons ietsie om oor te dink en al maak ons net een verandering, is dit `n goeie begin.

Groete Mamma S

Comments

Popular posts from this blog

Natuurlike raad vir baba met winde

Medisyne lys vir babas

Vinnige, maklike, 4 bestanddele dadelballetjies