Na-geboorte sorg vir mamma



In vergelyking met ander lande soos bv Finland, is die Suid-Afrikaanse mediese dienste nie op standaard as dit kom by na-geboortelike sorg van mammas nie. Baie mammas sal kla dat hulle nie veel inligting ontvang het na geboorte nie en die wat wel inligting gekry het, weet dikwels nie hoe om dit te toe te pas nie. Dikwels word teenstrydige inligting deur verskillende persone in die veld gegee.

Ek glo dat kennis is mag. Deur navorsing te doen voor geboorte, verskillende boeke te lees en ander mammas se positiewe stories te hoor kan `n nuwe mamma net goed doen. Daar is wel verskeie mense daar buite wat dink deur hulle nagmerrie verhaal vir jou te vertel dit jou sal voorberei maar dit is dikwels nie die geval nie. Dit boesem onnodige vrees in by die nuwe mamma. 

Maar vandag wil ek graag gesels oor na-geboortelike sorg. Spesifiek oor die area waarvan min vrouens weet, selfs na geboorte: die perineum.

Die perineum word as volg gedefinieer: "Die perineum in menslike anatomie is die deel tussen die bene wat tussen die geslagsdele en die anus geleë is."

Hierdie is die deel of spiere wat die meeste rek tydens kraam en dis ook die gedeelte wat soms skeur of gesny moet word. Daar is baie oefeninge en masserings wat vooraf gedoen kan word om hierdie spiere op geboorte voor te berei maar meeste vrouens dra min of geen kennis daarvan nie. 

Met my eerste kind se geboorte het ek niks geweet daarvan nie,dus het ek geskeur en moes `n stekie kry. Na-geboorte sorg was vir my pynlik en omdat ek nie veel geweet het nie, was die proses ook baie langer. 

Met my 2de kind se geboorte het ek meer inligting gehad en het voorbereidings getref. Ek het glad nie geskeur nie en was baie minder seer in daardie area. Ek dink voorbereiding speel `n baie groot rol. Lees gerus meer oor wat perineum massering is en hoe om die perineum voor te berei.

Maar wat nou gemaak as jy nie behoorlik voorbereid is of was nie. Wat is die beste nageboortelike sorg wat jy kan toe pas?

Wat ek sal voorstel is om net eers in soutwater te bad en die area elke keer met warm water af te spoel na jy by die badkamer was. Vir hierdie afspoelmetode is `n peri-bottel baie handig maar `n uitgewaste waterbottel met `n spuitprop werk net so goed.
Gewone koeldrank bottel

Perineum bottel


Die volgende is om `n "perineal spray" te gebruik wat die gesondmakingsproses baie aanhelp. 

Dit is egter baie opvallend dat baie mammas nie kennis dra van "perineal spray" nie, want daar is amper geen soortgelyke produkte op die Suid-Afrikaanse mark nie.

Ek het maar `n reseppie afgelaai en self aan mekaar geslaan.

Die resep:
45ml Aalwyn gel (Aloe Vera)
90ml Witch Hazel
60ml Water
10 druppels Laventel olie (opsioneel)

Meng alles saam en gooi in `n spuitbotteltjie. 

Ek hoop hierdie inligting sal ander mammas ook help om die na-geboortelike sorg te vergemaklik.

Groete Mamma S





Comments

Popular posts from this blog

Natuurlike raad vir baba met winde

Medisyne lys vir babas

Vinnige, maklike, 4 bestanddele dadelballetjies