Posts

Nuwe baba - Hoe om `n ouer kind voor te berei

Image
Wanneer `n mamma swanger is met haar eerste kind is dit baie opwindend. Die 9 maande voel soms soos `n ewigheid en veral die laaste paar weke van swangerskap is uitmergelend lank. Maar as daardie babatjie eers daar is verander jou hele lewe.  Met die 2de kind se swangerskap verander dinge net so baie. Nie net vir jou nie maar ook vir jou eersteling en dikwels kom vrae by jou op soos: Gaan ek 2 kinders kan hanteer? Hoe gaan die ouer kind die nuwe baba hanteer? Gaan ek genoeg liefde hê vir albei? Hoe gaan dinge moet verander in die huis? Al hierdie vrae is goed om te oordink en daar is verskillende maniere waarop jy die ouer kind reeds kan voorberei op die koms van die nuwe baba sodat die verandering nie so dramaties is nie. Kom ons kyk na `n paar wenke om die aanpassing te vergemaklik. 1. Moenie te vroeg in jou swangerskap al die ouer kind/ers laat weet daar is `n baba op pad nie. Ek dink hierdie reël is meer van toepassing op kinders 6 en onder maar gebruik jou eie diskresie...

Geboorteplan: Alles wat jy moet weet

Image
`n Geboorteplan klink soos `n goeie idee maar baie mammas sal vinnig vir jou sê `n geboorte verloop selde volgens `n plan. Dit is ook hoekom ek dit graag Doelwitte vir geboorte noem. Ek voel elke mamma het in haar hart tog `n idee van wat sy graag met geboorte wil bereik of dit nou is om natuurlik met of sonder pynmedikasie te kraam of om musiek te hê tydens kraam of absolute stilte of wat ookal vir haar belangrik is. Ek self was nie so oortuig van die noodsaaklikheid van `n geboorteplan nie, maar my man het my oorreed om wel een op te stel. Met my eerste kind se geboorte was die verpleegpersoneel eintlik so bietjie gekant teen die idee maar hulle het gou besef dat dit nie `n lys van bevele is nie, maar eerder net voorkeure deur my as mamma.  Ek het weer  `n geboorteplan  (sommer dieselfde een)  vir my 2de kind se geboorte gehad en dit was die beste besluit OOIT. Met my 2de kind se geboorte kon die dokter nie betyds  bereik word nie en ek het vir die verplee...

Bababenodighede: Lekker om te hê

Image
Ek het reeds `n post gedoen oor die items wat ek dink die absolute nodigste items vir `n babatjie is. Kliek hier en lees gerus meer hieroor . Dis baie minimalisties maar as jy net dit het, is jy reg vir baba. Daar is egter nog `n paar goedjies wat ek dink die lewe gemakliker kan maak. As jy dalk `n ekstra geldjie het of ouma wil graag `n spesiale geskenkie gee kyk gerus na die lysie hieronder. Babamonitor      Hier kan ons nou `n magdom opsies gee, maar `n basiese klankmonitor is meestal genoeg. Daar is wel monitors beskikbaar met video funksies, klankmonitering en daar is selfs nou produkte beskikbaar wat die hartklop en/of asemhaling van babatjie monitor. Jy moet self besluit wat vir jou die meeste gemoedrus gaan gee en jou sak gaan pas. Witgeraasmasjien Albei die bogenoemde witgeraasmasjiene is beskikbaar vanaf takealot. Hierdie oulike masjientjies kom in baie vorme, partye met nagligte en nog `n paar funksies. Ek verkies een wat `n een...

Baba drasakke vs buidelsakke vs ring slings

Image
Alle mammas was seker al in `n situasie waar baba net vasgehou wil word en jy het `n honderd-en-een dinge om te doen. Hoe nou gemaak? Meeste mammas weet al van `n drasak maar ek dink dat baie min mammas eintlik weet dat daar verskillende drasakke/buidelsakke beskikbaar is. Soos ek in die dorp rondloop sien ek ook baie minder mammas wat hulle kinders dra teenoor die wat stootwaentjies gebruik.  Daar is so baie voordele aan die dra van `n babatjie. Kom ons kyk gou na `n paar. Baba is rustiger want hy kan aan mamma vat en voel. Ander mense kan nie sommer ongenooid aan jou baba vat nie. In vandag se tyd waar kinders so maklik ontvoer word, is dit definitief veiliger om jou baba styf teen jou lyf te hê. Jy kan borsvoed sonder dat enige iemand iets weet.  Altwee jou hande is vry om inkopies te doen of om jou ander kinders te kan help. Jy hoef nie `n stootwaentjie tussen nou winkelrakke te stoot nie . Hierdie is maar net `n paar redes hoekom ek verkies om my kinders...

Medisyne lys vir babas

Image
Elke mamma wil voorbereid wees vir die koms van haar baba. Maar elke aftiklysie van wat belangrik is vir baba sê net medisyne vir baba . Nou wat nou gemaak? Hierdie is my lysie van die medisyne wat jy gerus kan aanhou in jou huis. Jy hoef nie `n apteek aan te hou binne jou huis nie, maar `n paar essensiële items kan jou net help deur `n moeilike aand. Ek probeer so natuurlik as moontlik gaan met `n paar uitsonderings. Termometer - Digitaal en infrarooi is baie gerieflik. Baba  paracetamol  soos Panado of Calpol vir koors/pyn (maak net seker dis ouderdom gepas) Spasmopep Junior vir winde ( kliek hier en lees gerus meer hieroor ) Naelknipper of skêrtjie Medisyne drupper Snotsuiger soos Nose Frida of bulb syringe Saline druppels (soutwater) of borsmelk Vicks Baby of bloekomolie Petroleum jellie of klapperolie vir die eerste doeke Boudsalf of Sinksalf of mielieblom ( kliek hier ...