Nuwe baba - Hoe om `n ouer kind voor te berei

Wanneer `n mamma swanger is met haar eerste kind is dit baie opwindend. Die 9 maande voel soms soos `n ewigheid en veral die laaste paar weke van swangerskap is uitmergelend lank. Maar as daardie babatjie eers daar is verander jou hele lewe. 

Met die 2de kind se swangerskap verander dinge net so baie. Nie net vir jou nie maar ook vir jou eersteling en dikwels kom vrae by jou op soos: Gaan ek 2 kinders kan hanteer? Hoe gaan die ouer kind die nuwe baba hanteer? Gaan ek genoeg liefde hê vir albei? Hoe gaan dinge moet verander in die huis?

Al hierdie vrae is goed om te oordink en daar is verskillende maniere waarop jy die ouer kind reeds kan voorberei op die koms van die nuwe baba sodat die verandering nie so dramaties is nie. Kom ons kyk na `n paar wenke om die aanpassing te vergemaklik.

1. Moenie te vroeg in jou swangerskap al die ouer kind/ers laat weet daar is `n baba op pad nie.
Ek dink hierdie reël is meer van toepassing op kinders 6 en onder maar gebruik jou eie diskresie. As 9 maande vir jou as `n volwassene lank voel, kan jy jouself net indink hoe lank dit vir `n kind moet voel. Probeer die nuus aan jou kind so lank moontlik uitstel om die wagtyd so kort as moontlik te hou.

2.  Lees boekies saam wat handel oor `n nuwe baba.



3. Vat jou ouer kind/ers saam na doktersafsprake toe


4. Laat jou ouer kind/ers toe om aan mamma se magie te vat en selfs die baba te kan voel skop.

5. Gaan koop saam met die ouer kind `n spesiale geskenkie vir die nuwe baba en laat hy dit vir die baba gee by geboorte.

6. Koop namens die baba `n geskenkie vir die ouer kind om ook ietsie te kry by geboorte.

7. Praat oor die nuwe baba en wat die veranderinge sal wees en watter belangrike rol hulle as helper en ouer boetie/sussie sal vul.
8. Sit die karstoeltjie `n paar weke voor baba se koms al in die kar sodat jou ouer kind/ers daar aan gewoond kan raak.

9. Laat hulle help om die baba se goedjies reg te kry of die babaklere weg te pak.
10. Spandeer ekstra tyd aan die ouer kind/ers net voor die nuwe baba se koms en verseker hulle dat jy steeds net so lief is vir hulle soos altyd. 
Wat se wenke het jy dalk vir ander mammas om hulle ouer kinders voor te berei op `n nuwe baba?

Hoop hierdie lysie sal `n bekommerde mamma `n paar idees gee om mee weg te spring.

Groete Mamma S

Comments

Popular posts from this blog

Natuurlike raad vir baba met winde

Medisyne lys vir babas

Vinnige, maklike, 4 bestanddele dadelballetjies