Posts

Eerste kossies vir baba (Baby Led Weaning)

Image
Vanaf geboorte tot en met 6 maande is voeding vir babas heel eenvoudig: melk. Maar teen die halfjaar-merk begin die vrae opduik; Wat gee ek vir my baba? Hoelaat gee ek vir my baba kos? Hoe gee ek my baba kos? Wat van allergieë?  As dit kom by voeding van babas ouer as 6 maande is daar `n vurk in die pad. Die een roete is die alombekende metode van fyn kossies(puree), beginnende met oranje groente en dan werk jy so deur die kossoorte en teksture.  Daarteenoor is die minder bekende paadjie van eet regte kos. (Baby Led Weaning). Met die metode gee jy vir baba kos wat sag genoeg is om met jou vingers te kan fyn druk maar in sy heel vorm. Dink hier aan slaptjip vorm. Die idee is dat babas van die begin af teksture leer ken, kou en sluk bemeester en kos in `n meer natuurlike vorm waarneem.  As ons na die tabel hierbo kyk, kan jy sien daar is 'n baie groot verskil tussen die metodes. Ek sal aanraai dat jy kies wat die beste vir julle gaan werk en oplees daaroor. ...

Roetine vir baba

Kinders floreer op roetine. Dit laat hulle selfversekerd voel as hulle weet wat om te verwag. Wanneer jy vir jou kinders 'n roetine in plek sit, leer dit hulle om te verstaan dat daar 'n natuurlike vloei in die dag is. Babas stel onwetend self hul eie vloei van vroeg af op deur na 'n sekere aantal ure honger te wees of moeg te wees en kan jy maklik daarvolgens vir hulle 'n roetine bepaal. Ons dag roetine lyk soos volg vir baba 0-3maande: 5:30 Opstaan 7:00 Slapie 1 9:00 Wakker tyd 10:30/11:00 Slapie 2 12:30/13:00 Wakker tyd 14:00/14:30 Slapie 3 15:00/15:30 Wakker tyd 17:00 Badtyd 18:00 Slaap vir die nag Ek voed op aanvraag deur die dag. Drink nog so paar keer in die nag en dan herhaal ons weer. Wees net altyd aanpasbaar as baba groeistadiums of siektetye deur gaan. Onthou hierdie is net 'n riglyn en nie die wet nie. Doen wat vir jou gesin werk. Groete Mamma S

Borsvoeding vanaf geboorte (0-3maande)

Borsvoeding voel dalk na die natuurlike opsie om jou baba te voed, maar baie mammas sal vir jou sê dat dit nie altyd so natuurlik kom nie. Maar soos met alles in die lewe, met die regte kennis en bystand sal jy dit ook kan doen. Hier is `n paar wenke oor wat jy algemeen kan verwag: Geboorte: Jou melk is net kolostrum,jou borste voel sag en baba drink min want hul het slegs 5ml nodig per voeding. Baba kan langer aan bors wees net vir "bonding". Wat kan jy doen? Binne die eerste uur na geboorte moet jy probeer om baba te laat latch en sy eerste melkies in te neem. Laat baba baie vel-teen-vel lê en laat baba drink soveel as wat hy wil vir solank as wat hy wil. Dag 3-4: Jou melk kom in. Jou borste voel soos klippe. Moenie uitpomp nie. Baba drink nou meer gereeld, tot elke 2ure. Baba moet nou 8-12 keer in 24 uur drink. 6 nat doeke en 'n paar vuil doeke is normaal. Wat kan jy doen? Laat baba gereeld drink sodat hy kan help om verligting te gee. As dit vreeslik onge...

Natuurlike raad vir suurknoppies

Baie babas word gebore met suurknoppies of kry so 'n uitslag wat soos puisies lyk, binne die eerste paar weke van lewe. Dis normaal, niks wat jy eet veroorsaak of vererger dit nie. Jy kan verskeie salfies aansmeer maar as jy dit los gaan dit ook self weg. 'n Natuurlike manier om hierdie knoppies te help verbeter is om koeksoda te gebruik. Maak 'n bietjie koeksoda aan in water en vryf die gesiggie met 'n lappie wat gedoop is in koeksoda. 'n Ander baie strelende manier is om rooibosteesakkie te laat trek en dan die gesiggie af te spoel met die water of om 'n nat tee sakkie oor hulle gesiggies te vryf. Oppas net vir te grof. Hoop dit kan vir iemand help.  Het jy dalk ander raad wat vir julle gewerk het? Deel gerus hieronder. Groete Mamma S

Geboorte storie van Baba #3

My eerste kind se geboorte was 5 ure, 2de kind se maklike geboorte was net so 2 ure en toe kom die derde een Ek het al gehoor dat by die derde kind se geboorte gaan kraam al baie vinniger. Wel ek is hier om jou te waarsku om nie jou ore uit te leen nie. Elke kind is uniek. En elke geboorte ook. Ek was 40 weke en 5dae swanger met #3 toe my water breek. Dit was 15:15. My man besluit toe dat ons nou dadelik hospitaal toe gaan want my vorige geboorte was so vinnig en maklik. By die hospitaal het hulle my ondersoek en ek was 'n volle 2cm ontsluit met 'n koppie wat baie hoog sit. Wel nou is dit 'n wedren teen die horlosie. Ek het volgens hospitaalbeleid net 24 uur om die babatjie uit te kry of dit word 'n keiser. Die rede wat die hospitaal aanvoer is om infeksie te voorkom. Ek het sterk kontraksies gehad maar baie ongereeld. Ons het toe maar om die hospitaal gaan stap. En stap. En stap. Teen 23:00 was daar geen vordering nie. 1:00 is ek kraamkamer toe en hier so...

Hoe om goed gedoen te kry met 'n nuwe baba

Ek dink vir elke nuwe mamma is een van die grootste uitdagings om steeds die normale goedjies gedoen te kry terwyl jy omsien na 'n nuwe lyfie. Met my eerste kind het ek gewag tot hy slaap en dan soos blits probeer alles gedoen kry. Dit het soort van gewerk totdat hy nie lus was vir 'n lang slapie nie of hy sou so lank huil ek kon net sowel nog 'n halfuur iets doen. Of jy is so moeg en het eintlik 'n slapie saam baba nodig maar besef dan dat jy nie 'n ander tyd het om iets te doen nie. Nou het ek 3 kinders: 'n 4jarige, 'n 2jarige en 'n baba. Ek gebruik nou 'n ander manier van dinge doen. Ek skryf elke oggend gou 'n lysie van dinge om te doen. Ek verdeel die lysie dan in vinnige takies en langer takies. Ek doen dan elke kansie wat ek het 'n vinnige takie en vat dan een van baba se slapies om 'n langer takie te doen. Prakties gewys doen ek die volgende: Baba word wakker. Ek borsvoed hom. Haal sy doek af en laat hom toilet toe gaan. Si...

Na-geboortelike sorg vir Mamma

Image
Nuwe mammas sal baie op lees oor geboorte en babasorg en selfs voorgeboorteklasse bywoon maar mammas word dikwels min tot geen inligting gegee oor na-geboorte nie. Jou liggaam het nou net geboorte gegee aan `n mensie. Ongelooflik! Maar wat nou? Wat het jy nodig? Hoe wend jy dit aan?  Wie kontak jy as jy vrae het?   Ek gaan poog deur die loop van `n paar post om van hierdie vrae te beantwoord. Kom ons begin deur voorbereiding.  Wat het jy nodig na geboorte? Hier is `n handige aftiklysie wat jy as babis kan gebruik. Voeg gerus nog goedjies by. Pynmedikasie vir na-pyne veral na `n 2de kind se geboorte Doekies - lap of weggooidoekies ( Lees gerus meer oor lapdoekies hier ) Gemaklike broekies of weggooi onderklere Witch Hazel in `n spuitbotteltjie ( Lees asb meer hieroor ) Leë koeldrankbotteltjie met `n spuitprop soos `n Poweradebottel ( Lees meer hieroor ) Arnica D6 tablette Rescue remedy Sout vir bad Vitamienes wat jy tydens swangerskap gedrink he...