Posts

Showing posts from September, 2016

Lapdoeke- Hoekom almal dit moet probeer

Image
Net die woord “lapdoek”laat party mense wegskram. Wie wil in vandag se tyd nog sukkel met lapdoeke as daar `n baie “geriefliker” alternatief op die mark is? Hierdie is die redes waarom ons lapdoeke verkies. 1. Omgewingsvriendelik Al wat `n produk is probeer om meer ‘ green’ te wees, maar plastiek is `n groot struikelblok in die proses. Dit vat plastiek items honderde jare om af te breek in die natuur. Ons sê dis  nie-bioafbreekbaar . Weggooidoeke dra in `n groot mate by tot hierdie probleem , dit is een van die grootste oorsake van besoedeling . As jou kind deur gemiddeld 6 doeke `n dag gaan vir 2 jaar is dit 4380 doeke per kind wat op die ashoop beland. Die Bybel sê in Gen 1 dat God ons geskape het om oor die voëls,visse en diere te heers en in Gen 2 gee God die opdrag dat ons die aarde moet bewerk en bewaar. Ek wil graag aan God gehoorsaam wees en die aarde bewaar en daarom verkies ek lapdoeke wat herbruikbaar is, nie net vir een kind nie, maar hopelik vir `n hele paa

Lapdoeke- Hoekom almal dit moet probeer

Image
Net die woord “lapdoek”laat party mense wegskram. Wie wil in vandag se tyd nog sukkel met lapdoeke as daar `n baie “geriefliker” alternatief op die mark is? Hierdie is die redes waarom ons lapdoeke verkies. 1. Omgewingsvriendelik Al wat `n produk is probeer om meer ‘ green’ te wees, maar plastiek is `n groot struikelblok in die proses. Dit vat plastiek items honderde jare om af te breek in die natuur. Ons sê die nie-bioafbreekbaar . Weggooidoeke dra in `n groot mate by tot hierdie probleem , dit is een van die grootste oorsake van besoedeling . As jou kind deur gemiddeld 6 doeke `n dag gaan vir 2 jaar is dit 4380 doeke per kind wat op die ashoop beland. Die Bybel sê in Gen 1 dat God ons geskape het om oor die voëls,visse en diere te heers en in Gen 2 gee God die opdrag dat ons die aarde moet bewerk en bewaar. Ek wil graag aan God gehoorsaam wees en die aarde bewaar en daarom verkies ek lapdoeke wat herbruikbaar is, nie net vir een kind nie, maar hopelik vir `n hele paar

6 “K”-Wenke vir kamp met babas en peuters

Om te kamp is een ding, maar om te kamp met `n baba of peuter of selfs albei is `n heel ander ding. Daarom wil ek hierdie wenke neerpen sodat ek dit nie vergeet vir die volgende keer wat ons die kampding aanpak nie. *Met kamp bedoel ek in `n tent, met minimale geriewe in die buitelig. Ons vat die volgende saam: ·          Kamp “gear” ·          Koskrat ·          Krat met kampgoed ·          Kanne vir water ·          Klere krat en badgoed Wenk #1 Karrit Ongeag waar jy gaan kamp, sal dit vir julle nodig wees om te ry tot daar. Ons eerste kamp was op Majuba wat ongeveer 700km van ons huis is. O, ja en ons het gaan kamp net vir `n naweek. Omdat babas en peuters in `n karstoeltjie moet sit volgens die wet, is hulle redelik beperk in wat hulle kan doen.  Probeer om hulle besig te hou met speelgoed en eetgoed. Probeer om eerder `n naby geleë kampplek te kies vir die eerste kampavontuur, want as dit te erg raak kan julle maklik oppak en huis toe kom. Stop geree

Die GROOT lys van eerstes

Omdat ek net elke maand `n verslag skryf oor Seun1 se vordering mis `n mens eintlik die eerstes van sy mylpale. Hierdie is `n opsomming vir my om Seun1 se eerstes te onthou. Geboorte datum (Eerste lig gesien): 1Sept 2015 Glimlag: 4 weke Oopbek lag: 8 weke Vlug: 12 weke Koppie regop hou: 12 weke Rol van magie af om: 13 weke Sit op toiletstoeltjie self: 3 maande Iets vashou: amper 4 maande Skuif op magie rond: 4 maande Sit en bad: 5 maande Sit self: 5 ½ maande Staan in kruip poisisie: 6 maande Rol albei kante toe: 6 ½ maande Tand 1 en 2: 7 maande Kruip: 7 maande Staan op teen goed: 8 maande Handjies klap: 8 maande Loop met waentjie en teen meubels: 9 maande Slaap deur die nag: 10 maande Waai “tata”: 11 maande Loop self: 11 maande Totaal van die doeke af: 11 maande Haarsny: 1 jaar Oor die algemeen het Seun1 al sy mylpale vroeg bereik en dit is presies sy persoonlikheid. Hy is `n roosboompie wat alles vinnig gedoen wil hê en vreeslik k

`n Antwoord op die vraag

Voordat ek swanger was met Seun1 het mense my gevra wanneer gaan ons kinders kry? Na Seun1 het die vraag net so bietjie verander na wanneer kom die tweede een? Die basiese vraag wat hieruit kom is eintlik: so, wat is julle plan vir kinders? En hier is my antwoord: Ek het nie plan nie! Ek is `n wedergebore kind van God. Ek glo in die God van die Bybel. Ek glo as `n gelowige behoort alles van my aan God. Ek wil in God se wil lewe eerder as in my eie wil.  Die Bybel sê in Spreuke 16:33 “ In die skoot word die lot gewerp, maar elke beslissing daarvan kom van die Here.” Dit is duidelik hieruit dat God in beheer is oor elke kind. Ons as mense en selfs ons as Christene wil maar ons eie koppe volg, ons eie planne maak en wanneer dinge skeef loop (want dit gaan as jy dit sonder God doen) wil ons by God weet hoekom. Ons wil altyd in beheer wees. En deurdat ons self besluit wanneer ons kinders kry en hoeveel, dink ons ons is in beheer.  Die Bybel  sê in  Spreuke 3:5 : "Vertrou

5 Wenke vir reis met babas en peuters

Image
Ons het tydens Seun1 se eerste jaar 3 keer Kaap toe en terug gevlieg. Twee keer kom pappa saam kom en die ander keer het mamma alleen gevlieg. Gedurende hierdie tyd het ek baie opgelees oor reiswenke en hierdie is `n lys van wenke wat ek self ook wil onthou. Wenk #1: Baba“gear” Ons het nooit `n waentjie saamgevat nie, bloot omdat ek verkies om Seun1 te dra in `n “ringsling”. Daar is baie ouers wat met `n stootwaentjie vlieg. Jy gee hom vir die lugwaardin as jy instap en as die vlug land is hy gereed vir jou sodra jy van die vliegtuig afklim. Ek het ook al gesien hoe `n mamma gesukkel het om die stootwaentjie en bagasiewaentjie gelyk te stoot. As jy alleen vlieg kies eerder `n gemaklike drasak. Ons het elke keer na familie toe gevlieg met `n karstoeltjie reeds by die bestemming maar jy kan ook jou karstoeltjie op dieselfde wyse as die stootwaentjie saamvlieg. Topwenk: vat `n drasak en reël vir `n karstoeltjie by bestemming. Wenk #2: Handbagasie Ek vat `n rugsak vir Se

Spyskaartbeplanning

Image
Daar is seker baie mammas daar buite wat elke dag met die dilemma sit: Wat eet ons vanaand? Ek het vroeg in my getroude lewe, voor kinders, al besef dit is iets wat elke vrou oor wonder. Na `n bietjie navorsing het ek op `n baie praktiese manier afgekom wat ek al vir 2 jaar gebruik: Spyskaartbeplanning. Spyskaartbeplanning klink na `n groot taak maar dis eintlik eenvoudig en haal die “wonder wat ons eet” uit elke dag. Ek beplan nie 3 maaltye `n dag nie, maar beplan slegs vir die grootste ete van die dag. Vir ons is dit middagete, maar dit kan net so gebruik word vir aandete ook. Die ander 2 etes is redelik vas bv. pap vir ontbyt en vir die ander ete (aandete) hou ek `n verskeidenheid maklike etes byderhand bv. toebroodjies, slaai of muffins. Dit is hoe ek Spyskaartbeplanning stapsgewys doen: Stap 1: Maak `n lysie van al die disse wat jou gesinne geniet bv: ·          Macaroni en kaas ·          Kerrie en rys ·          Wors en kapokaartappels ·          Hoenderroerbr