5 Wenke vir reis met babas en peuters


Ons het tydens Seun1 se eerste jaar 3 keer Kaap toe en terug gevlieg. Twee keer kom pappa saam kom en die ander keer het mamma alleen gevlieg. Gedurende hierdie tyd het ek baie opgelees oor reiswenke en hierdie is `n lys van wenke wat ek self ook wil onthou.

Wenk #1: Baba“gear”
Ons het nooit `n waentjie saamgevat nie, bloot omdat ek verkies om Seun1 te dra in `n “ringsling”. Daar is baie ouers wat met `n stootwaentjie vlieg. Jy gee hom vir die lugwaardin as jy instap en as die vlug land is hy gereed vir jou sodra jy van die vliegtuig afklim. Ek het ook al gesien hoe `n mamma gesukkel het om die stootwaentjie en bagasiewaentjie gelyk te stoot. As jy alleen vlieg kies eerder `n gemaklike drasak.
Ons het elke keer na familie toe gevlieg met `n karstoeltjie reeds by die bestemming maar jy kan ook jou karstoeltjie op dieselfde wyse as die stootwaentjie saamvlieg.
Topwenk: vat `n drasak en reël vir `n karstoeltjie by bestemming.

Wenk #2: Handbagasie
Ek vat `n rugsak vir Seun1 en `n kleiner sak vir my. In Seun1 se rugsak is:
·         toiletstoeltjie, want ons “potty train” al van geboorte af
·          natlappies vir alles afvee
·          natsakkie vir vuil klere of “potty trainer”
·          skoon klere en “potty trainers”
·          kombersie
·         `n bakkie met eetgoed en `n bottel water
·         Ek borsvoed, anders sou melk ook op die lys moes wees.
·         speelgoedjies
In my sak is alles wat gewoonlik in my handsak is plus ons dokumente, kos en water. (Vat `n ekstra hemp saam vir ingeval.)
Pak jou handbagasie lig, veral as jy alleen vlieg.

Wenk #3: Sitplekke op vlugte
As die kleintjie op jou skoot vlieg, is dit belangrik om te kyk of jy nie `n sê kan hê oor waar julle sit nie. As jy nie ekstra geld wil betaal om jou sitplek te bespreek nie, is dit `n goeie opsie om aanlyn in te boek 24-uur voor jou vlug vertrek. Ons het dit nie met die eerste vlug gedoen nie en was in `n middelry teen die venster, nie `n goeie plek om te wees nie. Ek verkies in die paadjie vir daardie klein bietjie ekstra spasie en om die opsie te hê om op te staan as Seun1 moeilik raak.
As jy nie alleen vlieg nie, kan jy die sitplek by die venster en die een by die paadjie bespreek. As die vlug nie vol is nie, is die kanse skraal dat iemand tussen julle gaan wil sit. Of `n ander opsie is om die sitplekke weerskante van die paadjie te kies, sodoende kan hy heen en weer loop sonder om ander mense te pla.

Wenk #4 Kos
Maklike handkos is ideaal. Dink aan iets wat jou kind eet en wat nie te veel van `n gemors is nie. Broodjies werk lekker en is vullend. Kos in pakkies is net `n lawaai.

Wenk #5 Speelgoed
Seun1 is mal oor lees, so ek sal `n paar of 5 boekies saam vat wat ons rustig kan lees. Klein speelgoedjies wat in sy sak pas waarmee hy op die skinkbord kan speel sal goed werk. Kleintjies speel eintlik met enige iets, bv. Beursie, sleutels, horlosie ens. Moenie te veel saam vat nie.
Ek hoop hierdie wenke kan vir ander mammas ook van hulp wees.
Groete MammaS


Comments

Popular posts from this blog

Natuurlike raad vir baba met winde

Medisyne lys vir babas

Vinnige, maklike, 4 bestanddele dadelballetjies