Die GROOT lys van eerstes


Omdat ek net elke maand `n verslag skryf oor Seun1 se vordering mis `n mens eintlik die eerstes van sy mylpale. Hierdie is `n opsomming vir my om Seun1 se eerstes te onthou.

Geboorte datum (Eerste lig gesien): 1Sept 2015
Glimlag: 4 weke
Oopbek lag: 8 weke
Vlug: 12 weke
Koppie regop hou: 12 weke
Rol van magie af om: 13 weke
Sit op toiletstoeltjie self: 3 maande
Iets vashou: amper 4 maande
Skuif op magie rond: 4 maande
Sit en bad: 5 maande
Sit self: 5 ½ maande
Staan in kruip poisisie: 6 maande
Rol albei kante toe: 6 ½ maande
Tand 1 en 2: 7 maande
Kruip: 7 maande
Staan op teen goed: 8 maande
Handjies klap: 8 maande
Loop met waentjie en teen meubels: 9 maande
Slaap deur die nag: 10 maande
Waai “tata”: 11 maande
Loop self: 11 maande
Totaal van die doeke af: 11 maande
Haarsny: 1 jaar

Oor die algemeen het Seun1 al sy mylpale vroeg bereik en dit is presies sy persoonlikheid. Hy is `n roosboompie wat alles vinnig gedoen wil hê en vreeslik kwaad word as hy dit nie regkry nie. Hy hou baie daarvan om mense te laat lag met sy gedrag. Elke dag is `n seën.
Groete MammaS




Comments

Popular posts from this blog

Natuurlike raad vir baba met winde

Medisyne lys vir babas

Vinnige, maklike, 4 bestanddele dadelballetjies