Posts

Showing posts from November, 2016

Beskeie kleredrag

Image
Kan jy `n Christen van `n nie-Christen onderskei gebasseer op sy kleredrag?   Hierdie is `n vraag wat ek al lank oor tob en al baie vir die kinders waarvoor ek skool gegee het, gevra het. Die kinders se antwoord is eenvoudig nee. Ek wonder of moet `n mens nie juis `n onderskeid kan tref nie. As ons nie soos die wêreld moet wees nie, sluit dit seker die wêreld se kleredrag ook in. In 1 Tim 2:9 staan daar geskrywe: “ So ook moet vroue hulle versier met behoorlike kleding, gepaard met beskeidenheid en ingetoënheid, nie met vlegsels of goud of pêrels of kosbare klere nie,” Uit hierdie vers kan ons sien dat ons nie onsself moet beklee met die klere van die wêreld om die oë gevestig op ons te kry nie, ons moet beskeie aantrek sodat ons mense na God toe kan wys.  Wat is “behoorlike kleding”? Wel dit is `n ander vraag. Ek glo dat as jou klere nie aanstoot vir jou medemens gee nie en as jou kleredrag ook nie `n struikelblok vir mans is nie, is jy op die regte spoor. Hierdie v

Pretdag 15-11-2016

Image
Ons het onlangs ontdek dat hier `n restaurant hier naby ons is wat plaasdiere aanhou wat gevoer kan word. Seun 1 en `n maatjie het `n lekker middag gehad om na die diere te kyk en te speel. Hulle het sommer "gefoefie slide" ook. Dit was `n lekker bewolkte dag en die perfekte weer vir seuntjies om te speel. Groete MammaS  

Feeste- om te vier of nie?

Image
Daar is baie feeste wat in die Bybel genoem word soos die huttefees, Purimfees en die Pasga. Hierdie is alles feeste wat die Jode gehou het tot eer van God. Ons as nie-Jode word nêrens in die Bybel beveel om `n sekere fees te vier nie. Maar tog is ons jare vol van feeste. In `n gewone jaar is daar Nuwejaarsfees, Valentynsdag, Paasfees, Halloween, en die grootste is seker Kersfees. Elkeen van hierdie feeste gaan gepaard met iets spesifieks. Valentynsdag het `n cupid, Paasfees het hasies en eiers-soektogte, Halloween het spoke, dooies en laterns en Kersfees het vir kersvader. Hoekom vier ons nie feesdae nie? Die doel van elke feesdag kan vinnig geregverdig word en daar is soveel redes (selfs Christelike redes) wat mense aanvoer hoekom dit nodig is om die dag te vier, maar nie een fees hierbo genoem se oorsprong kom van God af nie. Dit is alles in die kern heidense feesdae. Gaan lees asb www.lifehopeandtruth.com/life/plan-of-salvation/holy-days-vs-holidays/ Gaan

Gebare taal vir babas

Babas kom nie met `n handleiding nie en om hulle te probeer verstaan het al menigte mammas `n kopseer gegee. Ons sê dikwels dat dit beter sal gaan sodra die kleintjie net vir ons kan sê wat fout is of wat hy wil hê. Voor Seun1 se geboorte het `n vriendin vir my vertel hoe sy dit met haar kinders gedoen het en steeds doen (sy het 4 onder 5 jaar oud). Sy het gesê dat hulle dit baie maklik aanleer en dit so `n groot aanwins is want hulle kan met jou kommunikeer op `n vroeër ouderdom. Toe Seun1 sy opwagting maak het ek stadig maar seker vir hom gebare gewys. Ek het eers net gefokus op die teken vir “piepie” omdat ons “gepotty train” het vanaf geboorte . Op 8 maande het hy begin handjies klap en gewaai(hy waai al mooi as ons sê “tata”). Dis `n teken dat hulle dan al goeie beheer oor hulle handjies en vingertjies het. Ek het begin met “klaar” deur die gebaar te wys as sy kos klaar geëet was of as hy klaar gepiepie het op die toilet. Hy het dit vinnig bemeester. Die vol

Die kraaie gaap

Image
  Vir `n volle week was dit regtig warm hier waar ons woon. Die kwik het tot goed bo die 40*C gestyg. Seun1 het toe die ideale kans gekry om lekker in sy swembadjie te baljaar. Dit was amper so lekker soos by die see.  Groete MammaS