Feeste- om te vier of nie?




Daar is baie feeste wat in die Bybel genoem word soos die huttefees, Purimfees en die Pasga. Hierdie is alles feeste wat die Jode gehou het tot eer van God. Ons as nie-Jode word nêrens in die Bybel beveel om `n sekere fees te vier nie. Maar tog is ons jare vol van feeste.

In `n gewone jaar is daar Nuwejaarsfees, Valentynsdag, Paasfees, Halloween, en die grootste is seker Kersfees. Elkeen van hierdie feeste gaan gepaard met iets spesifieks. Valentynsdag het `n cupid, Paasfees het hasies en eiers-soektogte, Halloween het spoke, dooies en laterns en Kersfees het vir kersvader.

Hoekom vier ons nie feesdae nie?
Die doel van elke feesdag kan vinnig geregverdig word en daar is soveel redes (selfs Christelike redes) wat mense aanvoer hoekom dit nodig is om die dag te vier, maar nie een fees hierbo genoem se oorsprong kom van God af nie. Dit is alles in die kern heidense feesdae. Gaan lees asb www.lifehopeandtruth.com/life/plan-of-salvation/holy-days-vs-holidays/
Gaan lees asb ook op oor die oorsprong van die feeste:
Paasfees (nie Pasga soos in die Bybel genoem nie): www.history.com/topics/holidays/history-of-easter

Die Bybel sê in 1Joh 2:5
“Moenie die wêreld liefhê of die dinge wat in die wêreld is nie. As iemand die wêreld liefhet, dan is die liefde van die Vader nie in hom nie.”

`n Goeie maatstaf om `n fees teen te meet is of die wêreld die fees vier. As die wêreld  die fees vier is dit wys vir `n Christen om mooi na te dink of die fees regtig so Christelik is soos wat mense wil glo. Ons bly eerder ver weg van die dinge wat die wêreld  lief het.

Die feesdae is net gekommersaliseerde dae waar die winkels lekker geld kan maak. Dit is beslis nie spesiale dae wat aan God gewy is nie.

Watter spesiale dae vier ons dan?
As `n Afrikaner is daar 3 geloftes gemaak in ons geskiedenis: Die Jan van Riebeeck-gelofte, Bloedrivier-gelofte en die Paardekraal-gelofte. Ons onderhou hierdie geloftes omdat God ons so beveel in Prediker 5:3: “As jy `n gelofte aan God gedoen het, stel nie uit om dit te betaal nie, want daar is geen welgevalle in dwase nie. Betaal wat jy belowe het.”

Ons erken Jesus se kruisiging en opstanding, maar vier dit beslis nie met hasies en eiers nie. Ons maak ook `n spesiale melding van Jesus se hemelvaart.  En dit is dit. Ons vier geen ander feeesdae of verjaarsdae nie.

Ek hoop meer mense sal eers navorsing doen oor die fees en dit meet aan die Bybel voordat dit gevier word en as tradisie aangeneem word.

Groete MammaS

Comments

Popular posts from this blog

Natuurlike raad vir baba met winde

Medisyne lys vir babas

Vinnige, maklike, 4 bestanddele dadelballetjies