Voordat Seun0 gebore is, het ek reeds `n verskeidenheid medisyne vir winde gekry om die baba mee te dokter wanneer die onvermydelike winde hulle verskyning maak. Min het ek geweet wat in dié medisyne is en of dit my baba gaan help. Krampwater is die mees bekende doepa om vir die ou kleine wesie te gee wanneer die winde hulle uit die slaap uit hou, maar nadat ek dit een keer vrugteloos probeer het was ek vinnig opsoek na `n alternatief. Aptekers en ander mammas het voorgestel ek probeer koliekdruppels , maar ek het geweet dat Seun0 nie koliek het nie en wou dus nie vir hom medikasie gee vir iets wat hy nie eers het nie. Met my 6 weke ondersoek het ek net so terloops die dokter gevra wat haar voorstel is om te gebruik aangesien Seun0 nog baie klein was. Sy het Reutrina druppels of probiotiese druppels of poeier voorgestel. Ek het hierna die apteek besoek en agter op die boksies begin lees. Niks het vir my natuurlik geklink behalwe die water daarin nie. Ek was steeds opso...
Comments
Post a Comment