Posts

Showing posts from 2017

Slaapwenke vir baba - dinge wat ek anders gedoen het met #2

Image
Voor dat dogter0 gebore is, het ek gedink dat ons redelik goed gevaar het in die slaaparea. Seun2 het vir 10 maande in die nag 2-3 keer wakker geword om te drink, waarna ek hom geleidelik gespeen het in die nag. Hy het so op 1 jaar self deur die nag geslaap en van 2 jaar af ek hom nie meer geborsvoed voor bedtyd nie. En toe is dogter0 gebore. En sy slaap soos `n droom. MAAR ek het `n paar dinge met haar anders gedoen. `n Mens leer mos uit jou foute. #1 Van die Dag 1 af het ek albei kinders half 6 gebad in die aand en daarna is Seun2 bed toe en ek het vir sussie geborsvoed in die donker vertrek. As sy moeg was het sy geslaap en ek het haar net daar gelos. As sy nog nie so moeg was nie, sou ek haar `n bietjie op `n matras laat lê totdat sy tekens van moegheid gewys het. Ek sou haar dan weer borsvoed en in die bed sit. #2 In die nag sou ek eers wag totdat sy `n honger skreetjie gee voordat ek haar net nader gebring het na die bors toe. Gewoonlik was dit net `n wind wat sy moes sel

Sus0 se geboorte

Image
Sus0 is op 12 Aug 2017 om 13:08 gebore. Mamma was 40 Weke en 2 dae swanger. Ek het gereelde kontraksie gekry vanaf 38weke, maar op 40 weke presies het ek kontraksies gekry wat 10 minute uitmekaar was en `n patroon begin volg het. Na 12 ure het ons besluit om hospitaal toe te gaan om te kyk hoe dinge verloop. Daar is ek gemonitor om die kontraksies te meet (wat steeds 10 minute uitmekaar uit was). Die suster het my toe ingelig dat alhoewel ek gereelde kontraksie kry wat sterk was, was ek steeds nie in kraam nie. Ek is huis toe en het die hele volgende dag kontraksies gekry. Teen die aand was dit gereelde 10 minute kontraksies en het ek heel aand op die bal gesit en slaap. Teen die volgende oggend was ek gedaan. Ons het besluit om te kyk hoe dinge deur die dag vorder maar as dit nie verbeter nie, sal ons teen die middag die dokter bel om te hoor of ek nie iets kan kry sodat ek net kan slaap nie, want vir `n derde slapelose nag het ek nie kans gesien nie. Ons het ook `n troue 15:0

GBS-Grunting Baby Syndrome

Toe Seun2 `n pasgeborebaba (week 1-6) was het hy baie gekreun en gesteun om winde ondertoe te laat gaan. Ons het maar geskud en gevryf en mettertyd het dit beter geword en dit was die einde van die storie. Nou met Sus0 wat 6 weke oud is en dieselfde gekreun en gesteun daagliks deurgaan (en snags veel erger het) het ons `n bietjie anderste benadering. Hier is `n paar wenke: 1. Bad elke aand voor bed Die warm water laat hulle magies ontspan en dan kom die winde baie makliker uit. 2. Gee natuurlike medisyne (kruie) Ons gee elke aand 0,5ml  Spasmopep Junior  en sien `n merkbare verskil gedurende die nag. 3.Beoefen potjie lesse van geboorte af Wanneer Sus0 begin kreun en steun haal ek haar doek af en hou haar in die "newborn hold" oor die toilet. Die posisie sowel as gravitasie laat die dinge sommer vinnig gebeur. (lees meer oor ons potjielesse vanaf geboorte ) 4.Slaap op `n effense helling Dit help om `n pasgebore baba ook te laat slaap op `n kussing wat bietjie ge

Hospitaalsak vir baba

Image
Met Seun1 het ek al die baba se benodighede sommer saam met my goed in een tas gepak. Dit was nie so effektief soos wat ek dit sou wou hê nie en as jy eers moet soek na piepklein babakousies na `n normale geboorte (of selfs `n keiser) is dit geen grap nie. Met Baba#2 wat vroeg Augustus sy/haar verskyning maak het ek besluit om die hospitaalsak in 2 te verdeel: Een sak vir Baba en een sak vir mamma. Kom ek verduidelik nou wat ek in Baba se sak gepak het. Eerstens die sak wat ek gebruik gaan ook die baba se doekesak word. Die lekker van `n doekesak is dat daar reeds sakkies binne is, sodat jy vir niks hoef te soek nie. Vir die baba se klere pak ek in: ·         Een baie warm onesie ·         2 ander onesies ·         1 paar handskoene ·         1 paar kouse ·         1 paar slippers ·         1 mussie Ek gebruik lapdoeke so ek sal so 3 doeke plus `n paar ekstra inners vat. Ek vat ook `n flennie kombersie, waslap en natsakkie vir die

Opdatering van Potty training van geboorte af

Ek is bly om te sê dat Seun1 nie sy eerste verjaarsdag in doeke gevier het nie. Op 11 maande het ons hom heeltemal van die doek afgehaal en dra hy net “potty trainers” in die dag. Hy doen baie goed met die verandering alhoewel hy nog glipse   het, gaan hy nie sommer deur meer as 2 “potty trainers” in `n dag nie.   Seun1 weet hoe om te wys as hy toilet wil gaan maar hy wys die teken slegs een keer en as jy dit gemis het, is dit nou maar so. Ek het `n oulike boek aangekoop by Bargian Books genaamd “ Nappy free baby ”. Die skrywer stel dinge `n bietjie meer kras as waarmee ek gemaklik is maar dit is `n eenvoudige uiteensetting vir enige iemand wat meer daaroor wil oplees.   Die skrywer verduidelik in die boek dat peuters vanaf `n jaar tot en met 15 maande deur `n fase gaan waar hulle minder tekens wys omdat hulle ontwikkeling op die ouderdom baie tyd en gedagtes in beslag neem. Sodra hulle oor die fase is sal jy nie glo hoe oulik hulle is om weer te wys of selfs te sê nie. D

Huweliksbeloftes

Matt 19:4-6: “ ...Hy wat hulle gemaak het, hulle van die begin af man en vrou gemaak het, en gesê het om hierdie rede sal die man sy vader en sy moeder verlaat en sy vrou aankleef en hulle twee sal een vlees wees, sodat hulle nie meer twee is nie, maar een vlees. Wat God dan saamgevoeg het, mag geen mens skei nie.” Hierdie bogenoemde gedeelte is die fondament van ons huwelik. Ons huwelik is `n belofte tussen ons en God om tot die dood toe nie van mekaar te skei nie. `n Belofte aan God noem ons `n gelofte en die Bybel vermaan ons om ons geloftes te betaal. Prediker 5:3 – 4 : “As jy `n gelofte aan God gedoen het, stel nie uit om dit te betaal nie, want daar is geen welgevalle in dwase nie. Betaal wat jy belowe het. Dit is beter dat jy nie belowe nie as dat jy belowe en nie betaal nie.” Die huwelik moet ernstig opgevat word, maar die tendens in die wêreld vandag is juis die teenoorgestelde. Mense trou nie meer vandag met die nodige erns wat die huweliksbelofte vereis nie e