Posts

Natuurlike raad vir suurknoppies

Baie babas word gebore met suurknoppies of kry so 'n uitslag wat soos puisies lyk, binne die eerste paar weke van lewe. Dis normaal, niks wat jy eet veroorsaak of vererger dit nie. Jy kan verskeie salfies aansmeer maar as jy dit los gaan dit ook self weg. 'n Natuurlike manier om hierdie knoppies te help verbeter is om koeksoda te gebruik. Maak 'n bietjie koeksoda aan in water en vryf die gesiggie met 'n lappie wat gedoop is in koeksoda. 'n Ander baie strelende manier is om rooibosteesakkie te laat trek en dan die gesiggie af te spoel met die water of om 'n nat tee sakkie oor hulle gesiggies te vryf. Oppas net vir te grof. Hoop dit kan vir iemand help.  Het jy dalk ander raad wat vir julle gewerk het? Deel gerus hieronder. Groete Mamma S

Geboorte storie van Baba #3

My eerste kind se geboorte was 5 ure, 2de kind se maklike geboorte was net so 2 ure en toe kom die derde een Ek het al gehoor dat by die derde kind se geboorte gaan kraam al baie vinniger. Wel ek is hier om jou te waarsku om nie jou ore uit te leen nie. Elke kind is uniek. En elke geboorte ook. Ek was 40 weke en 5dae swanger met #3 toe my water breek. Dit was 15:15. My man besluit toe dat ons nou dadelik hospitaal toe gaan want my vorige geboorte was so vinnig en maklik. By die hospitaal het hulle my ondersoek en ek was 'n volle 2cm ontsluit met 'n koppie wat baie hoog sit. Wel nou is dit 'n wedren teen die horlosie. Ek het volgens hospitaalbeleid net 24 uur om die babatjie uit te kry of dit word 'n keiser. Die rede wat die hospitaal aanvoer is om infeksie te voorkom. Ek het sterk kontraksies gehad maar baie ongereeld. Ons het toe maar om die hospitaal gaan stap. En stap. En stap. Teen 23:00 was daar geen vordering nie. 1:00 is ek kraamkamer toe en hier so...

Hoe om goed gedoen te kry met 'n nuwe baba

Ek dink vir elke nuwe mamma is een van die grootste uitdagings om steeds die normale goedjies gedoen te kry terwyl jy omsien na 'n nuwe lyfie. Met my eerste kind het ek gewag tot hy slaap en dan soos blits probeer alles gedoen kry. Dit het soort van gewerk totdat hy nie lus was vir 'n lang slapie nie of hy sou so lank huil ek kon net sowel nog 'n halfuur iets doen. Of jy is so moeg en het eintlik 'n slapie saam baba nodig maar besef dan dat jy nie 'n ander tyd het om iets te doen nie. Nou het ek 3 kinders: 'n 4jarige, 'n 2jarige en 'n baba. Ek gebruik nou 'n ander manier van dinge doen. Ek skryf elke oggend gou 'n lysie van dinge om te doen. Ek verdeel die lysie dan in vinnige takies en langer takies. Ek doen dan elke kansie wat ek het 'n vinnige takie en vat dan een van baba se slapies om 'n langer takie te doen. Prakties gewys doen ek die volgende: Baba word wakker. Ek borsvoed hom. Haal sy doek af en laat hom toilet toe gaan. Si...

Na-geboortelike sorg vir Mamma

Image
Nuwe mammas sal baie op lees oor geboorte en babasorg en selfs voorgeboorteklasse bywoon maar mammas word dikwels min tot geen inligting gegee oor na-geboorte nie. Jou liggaam het nou net geboorte gegee aan `n mensie. Ongelooflik! Maar wat nou? Wat het jy nodig? Hoe wend jy dit aan?  Wie kontak jy as jy vrae het?   Ek gaan poog deur die loop van `n paar post om van hierdie vrae te beantwoord. Kom ons begin deur voorbereiding.  Wat het jy nodig na geboorte? Hier is `n handige aftiklysie wat jy as babis kan gebruik. Voeg gerus nog goedjies by. Pynmedikasie vir na-pyne veral na `n 2de kind se geboorte Doekies - lap of weggooidoekies ( Lees gerus meer oor lapdoekies hier ) Gemaklike broekies of weggooi onderklere Witch Hazel in `n spuitbotteltjie ( Lees asb meer hieroor ) Leë koeldrankbotteltjie met `n spuitprop soos `n Poweradebottel ( Lees meer hieroor ) Arnica D6 tablette Rescue remedy Sout vir bad Vitamienes wat jy tydens swangerskap gedrink he...

Tuisskool vir voorskoolse kinders- Hulpmiddele

Image
Toe ek begin het om hulpmiddele te soek het ek `n paar vereistes gehad: Dit moes eenvoudig wees Dit moes ouderdom gepas wees  Een boek wat verskeie areas dek Ons het vir gr R die volgende gebruik: Bybel Ons lees elke dag uit hierdie Bybel en dit volg die Bybelse volgorde. Dit dek die Ou en Nuwe testament en behels nie net stories van bekende Bybelfigure nie. Hierdie flitskaarte is `n lekker byvoeging en om kinders vragies oor te vra. Wiskunde, lees en skryf Hierdie boek was wonderlik. Die bevat regtig alles op `n eenvoudige wyse. Daar is egter geen kleur in nie, wat dit dalk vervelig kan maak vir sommige kinders. Ekstra materiale vir temas ens. Gratis aflaaibaar vanaf die Onderwysdepartement se webtuiste  Loer gerus ook na my temalys van 50 temas om idees te kry. Ons verkies dit om skool eenvoudig te hou. Daar is `n magdom keuses daarbuite maar hierdie is wat ons gebruik het. Groete Mamma S

Tuisskool vir voorskoolse kinders- Temalys (50 Temas)

By voorskoolse kinders is `n tema elke week `n goeie wegspringplek. Die voordele van temas is dat dit skool opwindend maak en dat kinders se algemene kennis baie verbreed. Jy kan een tema ook by verskillende ouderdomme aanpas. Hier is `n lysie van 50 temas wat jy kan gebruik elke week in tuisskool: 1. Lewe en lewende dinge My liggaamsdele My liggaam- organe Visse en Amfibiee Seediere  Voëls Insekte en spinnekoppe Wilde diere Reptiele Troeteldiere Plaasdiere Nagdiere Eiers/geboorte 2. Plante en voedsel Plante Bome Vrugte en Groente Voedselbronne - hoenders gee eiers, koeie gee melk 3. Gemeenskap helpers Mediese sorg Tandarts Brandweer Polisie Posdiens 4. Aarde Water Lug Wind Vulkane Vuur Skuilings Huise Plase See/riviere 5. Ruimte Sterre Son Maan Planete Ruimtetuie en ruimtevaarders Seisoene Dag/nag 6. Vervoer Seevervoer Lugvervoer Treine Karre, busse ens Motorfietse, fietse ens 7. Wetenskap Sintuie Lig Magnetisme Elektri...

Tuisskool vir voolskoolse kinders- Gr R

Om te begin met Gr R vir jou kind kan nogals uitdagend wees. Dit is dalk die eerste jaar wat julle tuisonderrig aanpak en jy weet nie regtig waar om te begin nie. Die keuse van wat om te gebruik en die doelwitte wat jy vir jou kind stel kan baie deurmekaar voel. Waar om te begin? Dis maklik om na kleuterskole se programme te kyk en oorweldig te voel maar onthou net een ding: jou kind is nie `n kleuterskool nie. Jy is besig met net een leerder, jou eie kind. So hier is die volgorde van hoe ek begin met `n skooljaar: Ek stel eerste `n lysie mylpale of doelwitte op vir die jaar. Daarna soek ek boeke wat ons as bronne (hulpmiddele) kon gebruik om ons doelwitte te bereik. Volgende deel ek die werk in die aantal weke wat ons gaan skool doen. En elke week deel ek die werkies op in die aantal dae wat ons gaan skool doen. 1. Doelwitte/Mylpale: Ek en man stel `n lysie saam van doelwitte vir elkeen van ons kinders. Hierdie doelwitte sluit lewensvaardighede sowel as akademiese vaard...