Posts

Voorbehoed- Natuurlik of Hormonaal?

Image
In breë trekke is daar 2 kante van die munstuk as dit kom by voorbehoedmiddels: Natuurlik of hormonaal. Natuurlike voorbehoed verwys na enige metode of middel wat nie hormoon-manipulasie gebruik nie.  Hormonale voorbehoed verwys na enige metode of middel wat jou hormone manipuleer om sodoende nie swanger te raak nie.  Natuurlike voorbehoed 1. Kondoom 2. Uittrek metode 3. Permanente voorbehoed bv. vasektomie  4. Kalender metode 5. Vaginale Spons * Koper IUD gebruik nie hormone nie, maar veroorsaak inflammasie wat selfs `n bevrugte eiersel sal afdryf. Maw dit kan vroeë aborsies veroorsaak. Hormonaal 1. Pil 2. Patch/plakker 3. Inspuiting 4. Vaginale ring 5. IUD  6. Inplanting Ek is nie 'n mediese dokter nie en wil geen raad gee nie. Ek wil net graag my ervaring deel. Toe ek en my man verloof was het ons begin kyk na voorbehoed. Ek was nog nooit op die pil of enige iets hormonaal nie. Die dokter het nie eers opsies met my bespreek nie en net die...

Is kinders regtig duur?

Image
Ek wil graag baie kinders hê. Hierdie stelling laat mense se monde oopgaan en die nommer een vraag wat almal vra is: Hoe kan jy dit bekostig, want kinders is duur?  Ek wil hierdie vraag beantwoord vandag deur `n stelling: Kinders is nie duur nie, jou leefstyl is. Daar is baie opofferings wat mense met baie kinders maak wat ander mense nie bereid is om te maak nie. Ons kies `n eenvoudige leefstyl in ruil vir kinders.  Hier is `n 5 maniere hoe om kinders op `n goedkoper wyse groot te maak. 1. Bababenodighede. Koop lapdoeke wat nie net geld spaar nie maar die omgewing. ( kliek hier om meer te lees ) Koop net die nodige, tweedehands sover moontlik en net genoeg. ( kliek hier vir `n lys van bababenodighede) 2. Speelgoed Koop tweedehands.  Koop nie te veel nie...minder is beter. Maak self speelgoed. ( kliek hier om nog speelgoed idees te kry ) of hier vir babaspeelgoed. Gaan biblioteek toe en neem boeke uit. 3. Uitstappies Gaan na gratis plekke toe, ho...

Baba Aktiwiteite vir 3-6maande oud

Image
Wanneer babas gebore word, is dit heel maklik om hulle rustig en gestimuleerd te hou want hulle slaap baie en hul wakkertye is maar nog van korte duur. Maar teen die 3 maande merk is babas gewoonlik langer wakker en benodig meer stimulasie. Hier is 'n paar idees wat om met babas van 3-6 maande ouderdom te doen. #Lees  Lees hardop. Wys na prentjies en sê wat dit is. Babas is besig met taalontwikkeling vanaf geboorte, dus hoe meer hulle woorde hoor, hoe neer ontwikkeling vind plaas. #Spieëls Gebruik 'n spieël en plaas dit waar baba homself kan lê en bekyk. Dit is 'n goeie motivering tydens magietyd. Dit bevorder ook baba se ruimtelike oriëntasie en visuele ontwikkeling. # Musiek en sang Sing liedjies of sit die radio met kinderliedjies of stories op. Maak musiek of gee vir hom klokkies om self mee musiek te maak. As hy al kan sit kan 'n drom ook oulik wees. Dit ontwikkel sy ouditiewe vermoë en ook taalontwikkeling. # Skudgoed Bab...

Borsvoeding vanaf 3-6 maande

Teen hierdie tyd het ma en baba mekaar al gevind en julle weet wat vir julle werk. Maar hierdie is ook die tyd wat baie mammas weer terug gaan werk toe. Party mammas gaan melkies uitpomp en met bottelvoeding begin. Ander mammas gaan dalk gemengde voeding begin doen met formulemelk as hulle weg is van baba af en borsmelk as hulle weer by baba is. Teen 3 maande het julle al soort van 'n ritme en roetine. Jy kan al min of meer skat wanneer baba gaan wil voed. Hou steeds aan op aanvraag voed want dit is steeds baba se enigste bron van voeding. Die Wêreld Gesondheid Organisasie beveel aan dat babas tot 6 maande eksklusief borsmelk of formulemelk kry. Dit is beter om te wag tot op daardie tydstip omdat baba se magie nog nie sterk genoeg is om vaste kossies te verwerk nie. As jy nou in die bootjie is van uitmelk (pomp) sal ek jou aanraai om by 'n groep aan te sluit wat jou sal kan bystaan met raad. Hierdie groepe kan jou raad gee met verskillende borspompe of om met die hand ...

Eerste kossies vir baba (Baby Led Weaning)

Image
Vanaf geboorte tot en met 6 maande is voeding vir babas heel eenvoudig: melk. Maar teen die halfjaar-merk begin die vrae opduik; Wat gee ek vir my baba? Hoelaat gee ek vir my baba kos? Hoe gee ek my baba kos? Wat van allergieë?  As dit kom by voeding van babas ouer as 6 maande is daar `n vurk in die pad. Die een roete is die alombekende metode van fyn kossies(puree), beginnende met oranje groente en dan werk jy so deur die kossoorte en teksture.  Daarteenoor is die minder bekende paadjie van eet regte kos. (Baby Led Weaning). Met die metode gee jy vir baba kos wat sag genoeg is om met jou vingers te kan fyn druk maar in sy heel vorm. Dink hier aan slaptjip vorm. Die idee is dat babas van die begin af teksture leer ken, kou en sluk bemeester en kos in `n meer natuurlike vorm waarneem.  As ons na die tabel hierbo kyk, kan jy sien daar is 'n baie groot verskil tussen die metodes. Ek sal aanraai dat jy kies wat die beste vir julle gaan werk en oplees daaroor. ...

Roetine vir baba

Kinders floreer op roetine. Dit laat hulle selfversekerd voel as hulle weet wat om te verwag. Wanneer jy vir jou kinders 'n roetine in plek sit, leer dit hulle om te verstaan dat daar 'n natuurlike vloei in die dag is. Babas stel onwetend self hul eie vloei van vroeg af op deur na 'n sekere aantal ure honger te wees of moeg te wees en kan jy maklik daarvolgens vir hulle 'n roetine bepaal. Ons dag roetine lyk soos volg vir baba 0-3maande: 5:30 Opstaan 7:00 Slapie 1 9:00 Wakker tyd 10:30/11:00 Slapie 2 12:30/13:00 Wakker tyd 14:00/14:30 Slapie 3 15:00/15:30 Wakker tyd 17:00 Badtyd 18:00 Slaap vir die nag Ek voed op aanvraag deur die dag. Drink nog so paar keer in die nag en dan herhaal ons weer. Wees net altyd aanpasbaar as baba groeistadiums of siektetye deur gaan. Onthou hierdie is net 'n riglyn en nie die wet nie. Doen wat vir jou gesin werk. Groete Mamma S

Borsvoeding vanaf geboorte (0-3maande)

Borsvoeding voel dalk na die natuurlike opsie om jou baba te voed, maar baie mammas sal vir jou sê dat dit nie altyd so natuurlik kom nie. Maar soos met alles in die lewe, met die regte kennis en bystand sal jy dit ook kan doen. Hier is `n paar wenke oor wat jy algemeen kan verwag: Geboorte: Jou melk is net kolostrum,jou borste voel sag en baba drink min want hul het slegs 5ml nodig per voeding. Baba kan langer aan bors wees net vir "bonding". Wat kan jy doen? Binne die eerste uur na geboorte moet jy probeer om baba te laat latch en sy eerste melkies in te neem. Laat baba baie vel-teen-vel lê en laat baba drink soveel as wat hy wil vir solank as wat hy wil. Dag 3-4: Jou melk kom in. Jou borste voel soos klippe. Moenie uitpomp nie. Baba drink nou meer gereeld, tot elke 2ure. Baba moet nou 8-12 keer in 24 uur drink. 6 nat doeke en 'n paar vuil doeke is normaal. Wat kan jy doen? Laat baba gereeld drink sodat hy kan help om verligting te gee. As dit vreeslik onge...