Posts

Hoe om kinders te laat buite speel

Image
Alle mammas het seker al beleef hoe jy jou kinders uit stuur om te gaan speel en 10 minute later te hoor dat hulle niks het om te doen nie. Hier is 'n paar wenke om jou kinders aan te moedig om langer buite te speel en dat hulle dit selfs geniet. #1 Verskaf die nodigste Let wel, die nodigste. Nie elke liewe buite speelding op die mark nie. *Sand *Water * Klimding (bome, bande, hope sand ens.) * Swaai of spring apparate. (Tou in die boom is piekfyn) * Skop, slaan of gooi goed. (Balle, boontjiesakkies ens) #2 Bepaal die tyd Hoelank moet jou kind buite speel? Jy kan nie verwag die kind moet heeldag buite speel nie maar 10 minute per jaar van ouderdom is gepas. 'n 6jarige kan maklik 1 uur buite speel. #3 Oefen dit in Sit buite of speel saam vir 'n rukkie en dan los jy die kind om alleen verder te speel. Veral as dit 'n alleenkind is. #4 Bly die kind terug stuur As jou kind in kom voor die tyd verby is, stuur hom doodeenvoudig terug...

Binnehuise swaai vir baba

Image
Ek het onlangs `n probleem gehad met baba #3. Hy kan al sit, maar nie regtig lank nie en as hy op die vloer is kan die ouer kinders hom moontlik beseer. So ek het `n plekkie nodig gehad om hom veilig neer te sit terwyl ek huiswerkies verrig. Ek het op `n babaswaai afgekom wat heel maklik gelyk het en dit probeer. ( link na die oorspronklike inspirasie ) Hier is die stappe wat ek gevolg het indien jy dalk self een aan mekaar wil slaan. Benodighede: 1m x 1m sterk materiaal 4 x 40cm "dowel"/tappenne 30cm x 30cm spons of "batting" 2 x 5m stukke tou 2 x carabiners  Stap 1: Sny materiaal soos volg: Blok A: 30cm x 90cm (2 stukke) Blok B: 30cm x 28cm (2 stukke) Blok C: 15cm x 28cm (2 stukke) Stap 2: Werk die 2 stukke van Blok B aan 3 kante vas (regte kant na binne) en draai binne kante na buite. Herhaal met die Blok C stukke.  Stap 3: Bepaal die middel van een van Blok A se stukke. Plaas nou Blok B bo-op Blok A sodat die middel van elke blok...

Wenke vir tande borsel

Image
Tande borsel... Ai. Menigte mammas het al die stryd aangedurf om hulle kinders te kry om tande te borsel. Hier is 'n paar wenke oor hoe jy die taak van tande borsel kan aanpak: #1 Begin as baba Ja, jy het reg gehoor. Sodra baba kan eet is dit tyd vir tande borsel. Net met water is voldoende. Daar is oulike tandeborsels beskikbaar maar die maklikste is 'n silikon een wat aan jou vinger kom en waarmee jy dan borsel. Gee vir baba om self ook te kou en daaraan gewoond te raak. #2 Maak beurte Laat jou kind eerste borsel en dan kry jy 'n beurt en so aan. Ek sê ook vir my kinders dat hulle net die tande moet borsel wat hulle wil hou. #3 Maak dit pret Lees 'n boekie saam oor tande borsel of die tandarts. Sing 'n liedjie vir hulle om hulle aan te moedig of kyk wie kan die mooiste glimlag as hy borsel. Ons sing altyd: Borsel jou tande elke dag, elke dag, elke dag, Borsel jou tande elke dag, dan kry jy 'n mooi glimlag. #4 Elekt...

Beste raad vir 'n nuwe mamma

Image
Meeste nuwe mammas kry die raad om te"slaap as baba slaap". Maar dit is regtig moeilike raad om te volg. Partykeer is dit die enigste tyd wat die mamma nie 'n baba in haar arms het nie en kan sy dus gou iets gedoen kry.  Ek het al 'n tydjie terug die beste raad ooit gehoor en ek kan vir seker getuig dat dit nog met elkeen van my 3 kinders gewerk het. "Water en vars lug".  Dis dit. Dis so eenvoudige stukkie raad maar dis so effektief. Water en vars lug is die oplossing vir enige situasie waar mamma en baba net nie meer kan nie.  As baba net huil, bad hom. Of gaan stap buite. As mamma en baba oor gestimuleer is, gooi 'n kombers buite oop en lê net op hom. As mamma voel sy wil skree, vat 'n lang stort alleen of hou baba vas in die stort. As baba net verveeld is en  baba kan sit, tap 'n skottel met bietjie water in en laat baba speel.  Water en vars lug verbeter enige situasie. Dit is voorwaar die beste raad aan 'n nuwe mamma.  Gro...

Voorbehoed- Natuurlik of Hormonaal?

Image
In breë trekke is daar 2 kante van die munstuk as dit kom by voorbehoedmiddels: Natuurlik of hormonaal. Natuurlike voorbehoed verwys na enige metode of middel wat nie hormoon-manipulasie gebruik nie.  Hormonale voorbehoed verwys na enige metode of middel wat jou hormone manipuleer om sodoende nie swanger te raak nie.  Natuurlike voorbehoed 1. Kondoom 2. Uittrek metode 3. Permanente voorbehoed bv. vasektomie  4. Kalender metode 5. Vaginale Spons * Koper IUD gebruik nie hormone nie, maar veroorsaak inflammasie wat selfs `n bevrugte eiersel sal afdryf. Maw dit kan vroeë aborsies veroorsaak. Hormonaal 1. Pil 2. Patch/plakker 3. Inspuiting 4. Vaginale ring 5. IUD  6. Inplanting Ek is nie 'n mediese dokter nie en wil geen raad gee nie. Ek wil net graag my ervaring deel. Toe ek en my man verloof was het ons begin kyk na voorbehoed. Ek was nog nooit op die pil of enige iets hormonaal nie. Die dokter het nie eers opsies met my bespreek nie en net die...

Is kinders regtig duur?

Image
Ek wil graag baie kinders hê. Hierdie stelling laat mense se monde oopgaan en die nommer een vraag wat almal vra is: Hoe kan jy dit bekostig, want kinders is duur?  Ek wil hierdie vraag beantwoord vandag deur `n stelling: Kinders is nie duur nie, jou leefstyl is. Daar is baie opofferings wat mense met baie kinders maak wat ander mense nie bereid is om te maak nie. Ons kies `n eenvoudige leefstyl in ruil vir kinders.  Hier is `n 5 maniere hoe om kinders op `n goedkoper wyse groot te maak. 1. Bababenodighede. Koop lapdoeke wat nie net geld spaar nie maar die omgewing. ( kliek hier om meer te lees ) Koop net die nodige, tweedehands sover moontlik en net genoeg. ( kliek hier vir `n lys van bababenodighede) 2. Speelgoed Koop tweedehands.  Koop nie te veel nie...minder is beter. Maak self speelgoed. ( kliek hier om nog speelgoed idees te kry ) of hier vir babaspeelgoed. Gaan biblioteek toe en neem boeke uit. 3. Uitstappies Gaan na gratis plekke toe, ho...

Baba Aktiwiteite vir 3-6maande oud

Image
Wanneer babas gebore word, is dit heel maklik om hulle rustig en gestimuleerd te hou want hulle slaap baie en hul wakkertye is maar nog van korte duur. Maar teen die 3 maande merk is babas gewoonlik langer wakker en benodig meer stimulasie. Hier is 'n paar idees wat om met babas van 3-6 maande ouderdom te doen. #Lees  Lees hardop. Wys na prentjies en sê wat dit is. Babas is besig met taalontwikkeling vanaf geboorte, dus hoe meer hulle woorde hoor, hoe neer ontwikkeling vind plaas. #Spieëls Gebruik 'n spieël en plaas dit waar baba homself kan lê en bekyk. Dit is 'n goeie motivering tydens magietyd. Dit bevorder ook baba se ruimtelike oriëntasie en visuele ontwikkeling. # Musiek en sang Sing liedjies of sit die radio met kinderliedjies of stories op. Maak musiek of gee vir hom klokkies om self mee musiek te maak. As hy al kan sit kan 'n drom ook oulik wees. Dit ontwikkel sy ouditiewe vermoë en ook taalontwikkeling. # Skudgoed Bab...