Posts

Showing posts from July, 2016

Seun0 - Maand 4

Image
Seun0- 4 maande oud Die tyd gaan vinnig verby! Seun0 is op nuwejaarsdag 4 maande oud en het sy eerste Geloftefees bygewoon. Hy het `n pakkie vir die dag gehad en het so oulik gelyk saam met pappa. Hy raak nou `n besige baba en verstaan al baie. Gewig : 7 kg Lengte : 62 cm Hare en oë kleur : ligbruin hare en blou oë. Mylpale :       Hou goed met altwee hande vas.                         Kou aan tandering.                         Volg pappa met kop.                         Skuifel op magie voorentoe.                         Rol met gemak om. Lief vir : Lapgoed en mamma se klere. Plekke besoek : Geloftefees te Swaershoek.