Tuisgemaakte Natuurlike Skoonmaakmiddels



Tuisgemaakte Natuurlike Skoonmaakmiddels
Hierdie is `n versameling van resepte vir skoonmaakmiddels wat ons verkies om te maak eerder as om te koop. Nie net is dit goedkoper om dit self te maak nie, maar ons weet ook wat in elke produkte in gaan.
Ons streef om goeie rentmeesters te wees met die geld wat God aan ons voorsien. As ons geld vermors, vermors ons God se voorsiening vir ons. 

Wasgoedseep (vloeibaar)


1 koekie sunlight gerasper


2 kp water om seep mee te smelt

1 kp koeksoda



Gooi als saam in `n 5 lt houer en maak vol met warm water.
Laat staan oornag en klits volgende dag.
Gebruik halwe koppie per bondel.

Wasgoedpoeier




1 koekie sunlight (125g)



1 kp borax




1kp wassoda of  soda ash




Rasper seep, meng als saam en gebruik `n 1el p/was.

Handwasseep




1 koekie seep gerasper



4 koppies water om seep mee te smelt.


Gooi 2 e glisirienby




Gooi in 5 lt en maak vol met warm water en laat staan oornag.


Gooi 1/2 kp sout as dit nodig is om dikker te maak.




Skottelgoedseep





1/4 kp sunlight seep gerasper




2 kp water om seep mee te smelt



2 el borax





Laat staan tot afgekoel.




 2e glisirien by om loperig te hou.





Hondeshampoo






1 kp water






1/2 kp asyn






1/4 kp sunlight (skottelgoedseep)
Meng saam en gebruik soos normale sjampoe.




Comments

Popular posts from this blog

Medisyne lys vir babas

Natuurlike raad vir baba met winde

Vinnige, maklike, 4 bestanddele dadelballetjies