Houtspeelgoed



Houtspeelgoed
Soos met alle aankope, probeer ons so spaarsamig en wys as moontlik speelgoed aankoop of maak vir Seun0. Wanneer ons speelgoed oorweeg kyk ons na die doel van die speeding, die materiaal waaruit hy vervaardig is en ook of die speelding vir `n paar kinders gaan hou.
My man het `n vaardigheid van God gekry om met hout te werk. Hy leer nog en wat beter manier om te leer as om vir ons eie gesin goed te maak.
Die hamer en pennetjies is uitstekend vir klein motoriese vaardighede en sommer kleur herkenning ook.
Die trokkie het plek om potlode in te sit, maar vir nou geniet Seun0 dit om hom net rond te trek.
Die stookarretjie is `n uitstekende speeding. Nie net het dit plek vir blokkies of enige iets wat die peuter wil saamry nie, dit help Seun0 maklik loop. Hy kan al van 9 maande af die karretjie self rond stoot.








Die speelgoedgeweertjie was in groot aanvraag by die kleuterskool en hierdie is maar net die prototipe, maar nogtans heerlik vir seuntjies om mee te speel.

Daar is nog baie speelgoed wat ons wil maak en beplan om dit binnekort hier op te sit.
As julle nog idees het, of belangstel in enige van die speelgoed kan jy net `n “comment” los.
Groete MammaS

Comments

Popular posts from this blog

Natuurlike raad vir baba met winde

Medisyne lys vir babas

Vinnige, maklike, 4 bestanddele dadelballetjies