Aangename kennis

Welkom by Stroom-op!

Hierdie is `n blog oor my gesin en hoe ons Stroom-op! vir Jesus lewe in hierdie wêreld waarin ons is.
Ek blog oor alle aspekte van ons lewe: tuisgemaakte skoonmaakmiddels, resepte, meubels, babagoed, honde en enige iets anders wat oor ons pad kom.
My hoop met hierdie blog is om eerstens God se woord te versprei en die Evangelie te verkondig op hierdie manier en tweedens dien dit as `n rekord vir ons lewe hier.

Vir doeleindes van bietjie privaatheid, sal ek ons gesin aan u voorstel as Mamma S, Pappa A en tans seun0.
Die 0 dui net sy ouderdom aan.
Ons is `n klein gesinnetjie wat in Suid-Afrika ons koers probeer hou deur ons oë op God te vestig.

Mag God se lig deur ons skyn!

Comments

Popular posts from this blog

Natuurlike raad vir baba met winde

Medisyne lys vir babas

Vinnige, maklike, 4 bestanddele dadelballetjies