Tuisgemaakte kosresepte



Tuisgemaakte kosresepte

Ons het almal ons gunsteling lekkernye of kos, maar soms is dit te duur in vandag se ekonomie om dit gereeld aan te koop. Hierdie is `n versameling van resepte wat ek deurgans bymekaar gemaak het en party selfs weekliks maak om ons uitgawes so laag as moontlik te hou. Onthou ons streef daarna om goeie rentmeesters te wees.

Jogurt sonder kultuur
1 lt Melk
100g Plain jogurt

Kook melk tot 85C en laat afkoel tot 45C

Gooi melk en jogurt in `n ou jogurthouer saam en meng goed.
Maak toe in kombers en laat staan vir 6 ure.

Jogurt met kultuur
1lt Melk
Mespunt jogurtkultuur (jy kan by my jogurtkultuur bestel)

Kook melk tot 85C en laat afkoel tot 45C.
Gooi melk saam met jogurtkultuur in en meng goed.
Maak toe in `n kombers en laat staan vir 6 ure. Roer deur en plaas in yskas.

Kaassmeer
200g "processed" kaas
100ml melk
50g botter of margarien

Laat melk in `n pot warm word.
Sny kaas in blokkies en voeg by melk.
Roer totdat al die kaas gesmelt is.
Voeg laastens die botter by en roer deur.
Plaas in `n glasbottel.
  Bêre in die yskas vir tot 2 weke.

Appelsous
1,5kg Granny Smith appels
Opsioneel: suiker en kaneel.

Skil die appels en sny die stronke uit.
Sny die appels in stukke en plaas in `n glasbak.
Sit in die mikrogolf met `n klein bietjie water in.
Die appels moet stoom tot sag.
Dit kan ook op die stoof gedoen word.
Hierna gooi ek dit in my “Blender” of voedselverwerker.
Seun0 is mal daaroor. 

Groete, MammaS

Comments

Popular posts from this blog

Medisyne lys vir babas

Natuurlike raad vir baba met winde

Vinnige, maklike, 4 bestanddele dadelballetjies