Posts

Hoe om 2 kinders gelyk `n middagslapie te laat neem

Image
Elke mamma het rustyd nodig in `n dag. Die ideale tyd is wanneer al haar kinders saam slaap in die middag. Ek weet nie hoe mammas oorleef wie se kinders nie gelyk slaap in die middag nie. Van dag 1 af was dit vir my belangrik. Maar hoe kan jy dit prakties begin doen? Hier is 5 wenke wat hopelik sal help daarmee. #1 Werk vanaf die oudste kind se skedule af As die oudste kind 6:00 opstaan en 19:00 gaan slaap, sal hy heel waarskynlik teen 12:00 doodmoeg wees en `n middagslapie nodig kry. So die ideale tyd sal wees 11:30 - 13:00 #2 Werk nou die jonger kind/ers se slapie in daarvolgens As jy nog `n baba het wat meer as 1 slapie per dag vat, dan werk jy terug van 11:30 af. Met ander woorde gestel jou baba slaap 3 keer in die dag, dan sal sy slapies soos volg wees: 8:00-9:00, 11:30-13:00 en dan 15:00-16:00 en dan 19:00 in die bed. #3 Hou daarby Van die begin af moet jy al die kinders op dieselfde tyd in hulle beddens sit. Al slaap die kleintjie nog nie so lank nie, soos die ...

Dogter1

Image
  Lengte : 75  cm Gewig : 9.2 kg Slaaptye : 1slapie in die dag 10:30-12:00/12:30                 Op haar 1ste verjaarsdag het sy begin deur die nag slaap(18:00-05:00) Voedsel : Mamma-melk(7:00,10:30,14:00, 17:30)Ontbyt:mieliepap, 2 happies , middagete: kookkos, aandete: eier en groente. Geen allergieë Tande : 2 bo en 2 onder.  Mylpale: Van die doeke af- slegs in potty trainers heeldag. ·        Kruip met `n spoed. ·        Staan teen alles op, staan alleen vir lang rukke. L   Loop saam as jy een hand vashou. ·        Gesels en lag baie.       Speel self, veral in haar bed, speel met water en in die sandput.  Lief vir ...kos, saam boeke lees, pappa(baie erg oor)houers met deksels, blokkies, diertjies en die stapelkoppies.

Raad vir tandpyn by babas

Image
O wee! Tandekry is nie vir sissies nie. Sommige kinders (soos Seun3) kry baie maklik tande. Ons het nie eens geweet voordat ons die tand sien sit het in sy mond nie. Maar Dogter1 kry regtig moeilik tande. Sy het haar eerste 2 tande op 7 maande gekry en die volgende 2 eers op 11 maande. En ons sny nou 4 tande gelyk. Hier is `n paar tekens wat kan aandui of `n baba tande sny: * Spoeg baie * Handjies is baie in die mond * Kou aan voorwerpe veral iets wat koud is of wat verligting sal bring * Sukkel om te slaap * Is huilerig- meer as gewoonlik * Koors * Magie werk slap en meer as gereeld (tandedoeke) Hier is `n lys van hulpmiddels om te probeer. Elke kind is anders en wat vir die buurman se niggie se 3de kind gewerk het, gaan nie noodwendig vir jou kind werk nie. 1) Iets om aan te kou Dit kan enige iets wees wat hulle geniet en wat veilig is. Iets koud, soos `n wortel om aan te kou, kan ook werk. of bababiltong wat baie min sout bevat, kan ook gegee word vir kou. 2) ...

Seun3

Image
Ek kan nie glo my eersgeborene is al 3 jaar oud nie. Die dae is lank, die nagte langer maar die jare is so kort. Hierdie is net `n  opdatering vir my eie rekord oor die afgelope jaar. Lengte: 96cm Gewig: 15kg Haarkleur: blond Gunsteling kos: boerewors Gunsteling kleur: was pienk maar is nou blou Gunsteling tydverdryf: lees en met gereedskap werk Seun3 het in die afgelope jaar geontpop. Sy woordeskat is merkwaardig vir `n 3-jarige. Hy kan nog nie die letter "R" uitspreek nie maar verder praat hy baie duidelik en ook aanhoudend. Hy vra eerder "wat maak ons?" as die vraag "hoekom?" Hierdie is die doelwitte wat ons vir hom gestel het vir die afgelope jaar: Bybelstories kan onthou en vertel Stilsit tydens kerk en luister as Bybel lees Self bid Self aantrek Gehoorsaam wees- sonder herhaling Ken persoonlike info Mamma help met dagtakies Vra altyd ...

Natuurlike alternatiewe vir medisyne vir kinders

Image
Ek is nou maar een keer nie `n voorstaander vir medikasie nie. Meeste van kinders se kwale gaan van self weg na `n paar dae. Ek hou definitief my oog op hulle maar gee dit gewoonlik so 3 dae om te kyk of dinge verbeter. Deesdae is die tendens om `n bree spektrum antibiotika te gee en dan te hoop watookal die kind makeer opgelos is. Selfs by die apteek wil hulle nie he jy moet lee hande uitstap nie en baie keer kry jy medisyne waarsonder julle in elk geval sou regkom. Maar hoe nou? Wat is `n alternatief vir allopatiese (sinteties fabriek vervaardigde) medisyne? Natuurlike "medisyne"? Vir kinders? Die antwoord is ja. En daar is so baie oulike alternatiewe natuurlike "medisyne" deesdae maklik beskikbaar as ons weet waarvoor om te soek. Ek het deur my eie navorsing en met my eie geld Pure Herbal Remedies se Kiddies Range probeer en dis al wat ek aanhou vir my kinders. Daar is so groot verskeidenheid beskikbaar en dis in spuitbotteltjies wat baie help wanneer ...

Slaapwenke vir baba - dinge wat ek anders gedoen het met #2

Image
Voor dat dogter0 gebore is, het ek gedink dat ons redelik goed gevaar het in die slaaparea. Seun2 het vir 10 maande in die nag 2-3 keer wakker geword om te drink, waarna ek hom geleidelik gespeen het in die nag. Hy het so op 1 jaar self deur die nag geslaap en van 2 jaar af ek hom nie meer geborsvoed voor bedtyd nie. En toe is dogter0 gebore. En sy slaap soos `n droom. MAAR ek het `n paar dinge met haar anders gedoen. `n Mens leer mos uit jou foute. #1 Van die Dag 1 af het ek albei kinders half 6 gebad in die aand en daarna is Seun2 bed toe en ek het vir sussie geborsvoed in die donker vertrek. As sy moeg was het sy geslaap en ek het haar net daar gelos. As sy nog nie so moeg was nie, sou ek haar `n bietjie op `n matras laat lê totdat sy tekens van moegheid gewys het. Ek sou haar dan weer borsvoed en in die bed sit. #2 In die nag sou ek eers wag totdat sy `n honger skreetjie gee voordat ek haar net nader gebring het na die bors toe. Gewoonlik was dit net `n wind wat sy moes sel...

Sus0 se geboorte

Image
Sus0 is op 12 Aug 2017 om 13:08 gebore. Mamma was 40 Weke en 2 dae swanger. Ek het gereelde kontraksie gekry vanaf 38weke, maar op 40 weke presies het ek kontraksies gekry wat 10 minute uitmekaar was en `n patroon begin volg het. Na 12 ure het ons besluit om hospitaal toe te gaan om te kyk hoe dinge verloop. Daar is ek gemonitor om die kontraksies te meet (wat steeds 10 minute uitmekaar uit was). Die suster het my toe ingelig dat alhoewel ek gereelde kontraksie kry wat sterk was, was ek steeds nie in kraam nie. Ek is huis toe en het die hele volgende dag kontraksies gekry. Teen die aand was dit gereelde 10 minute kontraksies en het ek heel aand op die bal gesit en slaap. Teen die volgende oggend was ek gedaan. Ons het besluit om te kyk hoe dinge deur die dag vorder maar as dit nie verbeter nie, sal ons teen die middag die dokter bel om te hoor of ek nie iets kan kry sodat ek net kan slaap nie, want vir `n derde slapelose nag het ek nie kans gesien nie. Ons het ook `n troue 15:0...