Posts

Takies vir kinders in die huis

Ek begin baie vroeg om vir my kinders takies in die huis te gee, nie omdat ek `n slawedrywer is nie maar omdat klein kindertjies dit geniet om te doen wat mamma en pappa doen.  Hier is `n lysie van werkies wat kinders kan doen van vroeg af. In die huis: Groot glasdeure spuit en afvee (was) Vuil wasgoed in mandjie gooi Wasgoed in wasmasjien gooi  Wasgoed in tuimeldroër ingooi en uithaal Kouse sorteer Waslappe of klein handdoeke opvou Wasgoed in kas bêre Potplante water gee Speelgoed opruim Bedjies netjies maak In die kombuis: Vee met `n klein besempie Mop Opvee met `n klein skoppie en borsel Tafels afvee Skottelgoedwasser help uitpak Saam kosmaak en bak Tafel dek en afdek Eie peuselhappie kry bv. eier afdop of vrugte soos piesang skil en sny Eie skottelgoed was In die badkamer: Hande was en afdroog  Speelgoed uit die bad haal Hare kam Tande borsel en wegpak Handdoeke op lae hakie ophang Troeteldiere: Kos gee Water  gee Hok skoonmaak Speel met die troeteldier of g...

Wenke vir skoonmaak met klein kinders

Image
Ek het tans 3 klein kindertjies wat 4jr, 2jr en 8 maande oud is. My tyd is baie beperk maar ek hou daarvan dat my huis skoon moet wees. Daar is baie manier om dit reg te kry en elke gesin moet doen wat vir hulle werk.  Ander metodes om dit ook reg te kry is om een taak per dag te doen soos om net stofsuig of om een vertrek per dag te doen soos net die badkamers. Die metode wat ek hier gaan bespreek is wat vir ons werk. Ons maak 1 maal per week, gewoonlik Sondagoggend, die hele huis skoon. Stofsuig, afstof, was vloere, trek beddens oor ens. Al wat dan nodig is, is om dit te onderhou gedurende die week. Hier is `n paar wenke oor hoe ek die basiese take elke dag verrig. 55555  Die vinnige vyf  55555 Elke oggend en middag doen ek 5 basiese takies om orde in die huis te herstel. 1. Maak beddens op. 2. Doen 1 bondel wasgoed.  3. Vee alle werk soppervlakte, wasbakke en tafels af. 4. Vee die vloer, net waar nodig. 5. Doen skottelgoed.  Ek gaan deur die bg lysie 2 maal p...

Raad vir haarverlies na geboorte

Met elkeen van my 3 babas het my hare begin uitval om en by 3 maande na geboorte. Dit is blykbare 'n normale verskynsel en baie mammas ondervind dit. Maar wat kan jy doen daaromtrent? Lees gerus hier meer oor nageboortelike haarverlies: https://www.mamanatural.com/postpartum-hair-loss/ Hier is 'n paar wenke wat my gehelp het: 1. Minder was Probeer jou hare se wasroetine aanpas. Probeer die dae tussen wasse rek. 2. Minder of geen produkte gebruik Gebruik minder sjampoe en opknapper of probeer selfs geen sjampoe nie. (kliek hier om meer hieroor te leer) 3. Minder stilleer en kam Maak jou hare vas op 'n eenvoudige manier sodat jy nie gedurig daarmee karring nie. Dis nie nou die tyd om ingewikkelde vlegsels en haarstyle te probeer nie. 4. Vermy hitte Hitte maak die min hare wat oor is bros wat dan maklik kan breek. Laat jou hare natuurlik droog word. 5. Geduld Hierdie is net 'n fase wat gewoonlik teen 6 maande na geboorte sal oorwaai. Jou hare gaan nie all...

Lys van Baba benodighede

Hierdie is `n lys van baba benodighede wat die kern bevat. Dit is in drukbare formaat onder-aan.  Hier is die drukbare formaat:   Kliek op die link  PDF Drukbare lys  of op die lys hieronder.

Eetgerei vir eerste kossies

Image
Soos ek in 'n vorige post ( kliek hier om dit te lees ) gesê het, doen ons Baby Led Weaning (BLW). Ek gee kos op sy bordjie/tafeltjie en voer hom glad nie. Hier is 'n paar van die goedjies wat ek gebruik en verfyn het tot die nodigste met #3. Stoeltjie/tafel Baba moet 'n stewige stoel met skinkbord hê om by te eet of by die tafel saam met ander. Bib/ Borslap Verkieslik een wat die kos gaan opvang want in die begin is hulle hand tor mond koördinasie maar twyfelagtig. Bord/ bakkie As jy kan, vergeet van 'n bord, maar as die bord behoorlik klou op die tafel sal ek dit aanbeveel want die lippie van die bord/bakkie help klein vingertjies wat nog oefen om kos te vat. Lepel Gebruik van die begin af regte eetgerei so ver moontlik.  Ek verkies egter in die begin om 'n metaallepel met sagte bakkie voorkant te gee. Vurk Koekvurkies is 'n wenner of die een wat jy saam met jou lepel gekoop het. Beker, bottel, glas Ons probeer so go...

Vinnige, maklike, 4 bestanddele dadelballetjies

Image
As jy opsoek is na `n alternatief vir lekkergoed vol suiker of jou babatjie begin nou eers eet is hierdie resep ideaal vir jou. Dit bevat slegs 4 bestanddele, is vegan, gesond en boonop alles lekker. BESTANDDELE: 1 1/2 kp Dadels (maak sag deur in kookwater te laat lê) 2 el kakao 1 kp hawermout (oats) 1 kp klapper STAP 1: Maak dadels fyn met `n voedselverwerker, smoothie maker of `n staafmenger. STAP 2: Gooi die droë bestanddele by en meng deeglik. STAP 3: Rol balletjie en plaas op bakplaat of iets met `n plat oppervlakte soos `n deksel en sit in vrieskas. OPSIONEEL: Rol laastens in ekstra klapper of kakao. Ek hoop julle geniet dit net so baie soos my kinders. Groete Mamma S

Hoe om kinders te laat buite speel

Image
Alle mammas het seker al beleef hoe jy jou kinders uit stuur om te gaan speel en 10 minute later te hoor dat hulle niks het om te doen nie. Hier is 'n paar wenke om jou kinders aan te moedig om langer buite te speel en dat hulle dit selfs geniet. #1 Verskaf die nodigste Let wel, die nodigste. Nie elke liewe buite speelding op die mark nie. *Sand *Water * Klimding (bome, bande, hope sand ens.) * Swaai of spring apparate. (Tou in die boom is piekfyn) * Skop, slaan of gooi goed. (Balle, boontjiesakkies ens) #2 Bepaal die tyd Hoelank moet jou kind buite speel? Jy kan nie verwag die kind moet heeldag buite speel nie maar 10 minute per jaar van ouderdom is gepas. 'n 6jarige kan maklik 1 uur buite speel. #3 Oefen dit in Sit buite of speel saam vir 'n rukkie en dan los jy die kind om alleen verder te speel. Veral as dit 'n alleenkind is. #4 Bly die kind terug stuur As jou kind in kom voor die tyd verby is, stuur hom doodeenvoudig terug...