Posts

Showing posts from July, 2019

Hospitaalsak vir Mamma

Image
Ek het reeds `n post geskryf oor `n  hospitaalsak vir baba en al is dit 2 jaar terug geskryf, is dit steeds wat ek inpak vir baba #3 wat in 5 wekies opdaag. Maar vandag wil ek fokus op wat Mamma alles moet saam vat hospitaal toe. Hierdie is my minimalistiese lys en dek nie alles onder die son nie, want elke mamma verskil en die plek waar jy kraam voorsien dalk meer of selfs minder as die hospitaal waar ek kraam. Maar nietemin, hier is my lysie van belangrike artikels wat ek in my hospitaalsak pak. ****(Ek wil net byvoeg dat ek beplan op `n normale natuurlike geboorte sonder pynmedikasie/epiduraal) Vir kraam: Mediese dokumente en ID afskrif Geboorteplan (lees meer hieroor) Gemaklike groot t-hemp/klere Kouse vir as jou voete vries Energiedrankie soos powerade/game Energiestaffie/jellies Enige iets wat jy gaan benodig om kraam geriefliker te maak soos musiek ens. Vir na-geboorte: Panties en Boys-cut broekies of jy kan weggooi panties ook kry. Doekies soos ve

Plastiekvry - Kinders

Image
As deel van plastiekvrye Julie ( Plastic free July )  wil ek graag die areas in die huis aanspreek waar die meeste plastiek verbruik word en wat ons kan doen om dit te verminder. Ons gaan vandag aan met die tema "kinders". (As jy graag die kombuis weergawe wil lees,  kliek hier  en die badkamer weergawe, kliek hier ) Kinders kan verskriklik baie plastiekafval produseer. Van geboorte tot volwassene is dit eintlik skokkend hoeveel plastiekafval `n kind bydra. Meeste van hierdie afval is ons as ouer se skuld en nie die kind s'n nie. Kom ek verduidelik my stelling deur weer na die leuse van herwinning te kyk:  REFUSE, REUSE, REDUCE, RECYCLE. REFUSE (Weier) Wanneer `n kind gebore word, begin hierdie kind verbruik. Of dit nou klere, speelgoed of doeke is. Deur van geboorte af te weier om plastiek te koop, sal noodwendig die afval verminder. Gebruik eerder lapdoeke as weggooi plastiekdoeke wat nie herwin kan word nie. ( Lees hier meer oor lapdoeke ) Gebruik eerder tuisgem

Plastiekvry- Badakamer

Image
As deel van plastiekvrye Julie ( Plastic free July )  wil ek graag die areas in die huis aanspreek waar die meeste plastiek verbruik word en wat ons kan doen om dit te verminder. Ons gaan vandag aan met die badkamer. (As jy graag die kombuis weergawe wil lees, kliek hier ) Die badkamer kan, nes die kombuis, verskriklik baie plastiekafval produseer. Kom ons kyk weer na die leuse van herwinning: REFUSE, REUSE, REDUCE, RECYCLE. REFUSE (Weier) In die badkamer gebruik ons baie items wat net eenvoudig nie herwin kan word nie. Sanitêre items is iets wat meeste vrouens gebruik en dit is 100% nie herwinbaar nie. Ek gebruik eerder lapdoekies.( Lees meer hieroor ) Deur te weier om die produk te koop, stel jou reeds in staat om minder afval te produseer. REUSE (Hergebruik) Baie van ons koop eerder `n nuwe bottel van `n produk eerder as `n bottel te hervul. Indien jy reeds `n nuwe bottel gekoop het, probeer om die ou bottel uit te spoel en êrens anders in die huis te gebruik eerder a

Plastiekvry- Kombuis

Image
As deel van plastiekvrye Julie ( Plastic free July ) wil ek graag die areas in die huis aanspreek waar die meeste plastiek verbruik word en wat ons kan doen om dit te verminder. Ons skop vandag af met die KOMBUIS. Die kombuis is seker die area in die huis wat die meeste plastiek gebruik en ook plastiekafval genereer. Die term wat baie gebruik word in die herwinningswêreld is: REFUSE, REUSE, REDUCE en RECYCLE. Kom ons kyk nou na elkeen van hulle in terme van die kombuis. 1.REFUSE (WEGWYS) Hierdie stap begin reeds wanneer jy inkopies doen. Weier om plastieksakkies te koop en bring eerder jou eie sakkies.  As daar `n opsie is vir `n produk in glas, kies eerder daardie produk as sy plastiek eweknie. Enige materiale wat herwinbaar is, is beter as die plastieksoort. Dink glas, papier, boks, hout, blikkies ens. Weier om die plastiekstrooitjies te gebruik en gebruik eerder jou eie silikon of vlekvrye staal strooitjies. Of geen strooitjie. 2. REUSE (HERGEBRUIK) Dis

Tuisgemaakte "wet wipes"

Image
Dis vir baie mammas die norm om wet wipes elke maand te koop. Maar toe ons begin het om meer plastiekvry te leef, het ek besef dat baie min mammas besef dat wet wipes  nie herwinbaar is nie.  As deel van plastiekvrye Julie (PLASTIC FREE JULY) wil ek hiermee poog om meer mammas bewus te maak van die feit dat meeste wet wipes plastiek bevat wat besoedeling vererger. Wet wipes kan  nie soos toiletpapier afgespoel word nie , alhoewel baie mammas dit doen, en word ook nie herwin nie.  Daar is `n paar alternatiewe op die mark wat `n mens kan afspoel maar wees versigtig want `n paar van hulle is misleidend. Ekovriendelik en spoelbaar (flushable) is nie dieselfde nie. Toets altyd of jy dit kan skeur of as jy per ongeluk een in die wasmasjien sou gooi en hy kom heel ander kant uit, is hy nie spoelbaar nie. Hierdie wet wipes is wel spoelbaar `n Goeie alternatief is om jou eie natlappies te maak . Daar is baie resepte op die internet maar dit is steeds `n uitgawe en nie herwinb

Natuurlike raad vir brandboude

Image
As jou babatjie sukkel met brandboudjies en jy het al wat `n salf is op die mark probeer, kan dit nogal `n tameletjie wees. Ek het eendag gesoek na goedkoop alternatiewe vir boudroom wat jy ook met lapdoeke kan gebruik en wat ek gekry het was regtig koste-effektief en werk baie goed. Wat jy nodig het is: waslap rekkie 2 el mielieblom soos maizena Jy maak die waslap oop.  Gooi die mielieblom in `n hopie in die middel. Bind al die punte van die waslap saam met die rekkie. Elke keer as jy doek ruil, pof jy net `n bietjie op baba se boude en dis dit. Makliker, natuurliker en goedkoper gaan jy nie kry nie. Hoop julle mammas sal dit probeer en laat weet asb of dit vir jou babatjie gewerk het. Groete Mamma S

Sanitêre lapdoekies vir Mamma

Image
Toe ons die skuif begin maak het om meer plastiekvry te leef , het ek na alternatiewe begin soek vir weggooi plastiek sanitêredoekies. Ek het op 2 opsies afgekom.  Die eerste is `n menstrual cup wat gebruik word intern in plaas van `n tampon.  En die tweede was lapdoekies wat ipv weggooi sanitêredoekies gebruik word.  Omdat ek reeds doekies verkies het was die laasgenoemde vir my die regte opsie. Ek was skepties oor die gebruik daarvan en dit was nog in die dae voor kinders, so ek was nie bekend met die prosedure van lapdoeke by babas nie.  Groot was my verbassing toe ek dit begin gebruik het. Die voordele wat ek daaruit geniet het was: Skoon gewete dat ek nie besig was om nog plastiek wat nie herwin kan word, bygevoeg het tot die reeds wêreldwye probleem nie. Geen menstruasie krampe nie . Ek het later begin oplees en gevind dat plastiek weggooi doekies kan krampe vererger, infeksies en vel irritasies veroorsaak.( Redes om na lapdoekies oor te skuif

Raad vir kinders met braking en diaree (loopmagies)

Image
Ek wil begin deur te sê dat ek nie `n gesondheidsspesialis of dokter is nie en dat jy altyd jou instink moet volg om `n kind dokter toe te neem indien jy voel dit is die regte ding om te doen.  Party keer kry kinders `n loopmagie of diaree en/of braking bloot net omdat hulle iets geëet het wat te ryk is vir hulle lyfies om te hanteer of soms vergryp hulle hulself aan lekkergoed by `n partytjie of by `n skoolfunksie. Partykeer eet hulle net deurmekaar, maar hoe ookal sy, dis steeds nie lekker om met `n kind te sukkel wat goor voel nie. Ek het al verskeie oor die toonbank medikasie gebruik en dit het gewerk maar ons het begin soek na alternatiewe om altyd byderhand te hê en meer natuurlik is vir die ou siek lyfies. Ek het toe op `n vreeslike interessante artikel afgekom in  Medical News Today  oor "Activated charcoal". Dit word deesdae in tandepasta en skoonheidsprodukte gebruik omdat dit toksiese stowwe uitttrek. Ek het toe begin soek vir `n manier om dit vir kinders t