Plastiekvry- Kombuis




As deel van plastiekvrye Julie (Plastic free July) wil ek graag die areas in die huis aanspreek waar die meeste plastiek verbruik word en wat ons kan doen om dit te verminder.

Ons skop vandag af met die KOMBUIS.

Die kombuis is seker die area in die huis wat die meeste plastiek gebruik en ook plastiekafval genereer. Die term wat baie gebruik word in die herwinningswêreld is: REFUSE, REUSE, REDUCE en RECYCLE.

Kom ons kyk nou na elkeen van hulle in terme van die kombuis.

1.REFUSE (WEGWYS)

Hierdie stap begin reeds wanneer jy inkopies doen. Weier om plastieksakkies te koop en bring eerder jou eie sakkies. 


As daar `n opsie is vir `n produk in glas, kies eerder daardie produk as sy plastiek eweknie. Enige materiale wat herwinbaar is, is beter as die plastieksoort. Dink glas, papier, boks, hout, blikkies ens. Weier om die plastiekstrooitjies te gebruik en gebruik eerder jou eie silikon of vlekvrye staal strooitjies.
Of geen strooitjie.

2. REUSE (HERGEBRUIK)

Dis nie nodig om al wat `n plastiekitem is in jou kombuis onmiddelik uit te gooi nie. Gebruik eerder wat jy het. As jy reeeds meer plastiek weier, sal jy minder in jou kombuis hê. Gebruik nou die plastiekprodukte wat reeds in die kombuis is, soos margarienbakkies, roomysbakke ens, totdat dit nie meer bruikbaar is nie en dan vervang jy dit met iets wat nie plastiek is nie. 



3. REDUSE (VERMINDER)

Probeer om al hoe minder staat te maak op plastiek. As jy `n alternatief vir Ziploc sakkies kan kry, gebruik dit eerder. Kyk anders na die dinge wat jy weggooi. Seker groentehouers soos die waarin aarbeie of klein tamaties kom is ideaal om klein goedjies in te stoor. Let altyd op na wat jy weggooi en kyk of jy dit nie eerder kan gebruik as om net eenvoudig nuwe plastiek te gebruik nie.


Gebruik broodsakkies eerder as om nuwe plastieksakkies te gebruik. Koop ook minder plastiekhouers aan. En hiermee bedoel ek nie as jy kos koop nie, ek bedoel dat ons eerder nie plastiekkosblikke moet koop as daar so baie alternatiewe is nie.


Koop eerder `n kossakkie en verpak die kos in papiersakkies of in vlekvrye staal of glasbakkies. Koop eerder `n vlekvrye staal waterbottel as weggooi plastiekbottels. 


4. RECYCLE (HERWIN)

Baie min mense herwin regtig hulle vullis. Baie van ons gooi alle vullis in een swart sak en laat dit verwyder word. Terwyl ons eerder ons vullis kan sorteer en na `n herwinningsdepot toe vat. Dis eintlik maklik om papier en blik (of glas) van plastiek te skei. Neem `n karton boks en plaas al die papier in die boks. Nou kan die boks geheel en al herwin word. As ons eers in daardie gewoonte is, sal dit 2de natuur vir ons en ons kinders word. 



Ek hoop hierdie gee vir julle `n klomp idees hoe ons minder plastiek in die huis kan gebruik.
Wat doen jy nog in die kombuis om minder plastiekafval te produseer?

Groete Mamma S




Comments

Popular posts from this blog

Natuurlike raad vir baba met winde

Medisyne lys vir babas

Vinnige, maklike, 4 bestanddele dadelballetjies