Sanitêre lapdoekies vir Mamma





Toe ons die skuif begin maak het om meer plastiekvry te leef, het ek na alternatiewe begin soek vir weggooi plastiek sanitêredoekies. Ek het op 2 opsies afgekom.

 Die eerste is `n menstrual cup wat gebruik word intern in plaas van `n tampon.

 En die tweede was lapdoekies wat ipv weggooi sanitêredoekies gebruik word. 



Omdat ek reeds doekies verkies het was die laasgenoemde vir my die regte opsie. Ek was skepties oor die gebruik daarvan en dit was nog in die dae voor kinders, so ek was nie bekend met die prosedure van lapdoeke by babas nie. 

Groot was my verbassing toe ek dit begin gebruik het. Die voordele wat ek daaruit geniet het was:

  • Skoon gewete dat ek nie besig was om nog plastiek wat nie herwin kan word, bygevoeg het tot die reeds wêreldwye probleem nie.

  • Geen menstruasie krampe nie. Ek het later begin oplees en gevind dat plastiek weggooi doekies kan krampe vererger, infeksies en vel irritasies veroorsaak.(Redes om na lapdoekies oor te skuif.)


  • Baie meer koste effektief. Ek het my eerste 6 lapdoekies vir 2 jaar gebruik en daarna vervang as gevolg van gebruik na normale geboorte. Ek verkies om voor elke geboorte nuwe lapdoekies te koop en te gebruik tot die volgende kind sy opwagting maak. 



  • Baie maklik om skoon te maak. Spoel uit onder lopende koue water en was saam met ander klere. Ek gooi dit sommer saam met die lapdoeke in, maar voordat ek kinders gehad het, het ek dit sommer saam met die onderklere gewas. Droog dit deur dit op te hang. 

  • Dit kreukel nie as jy loop nie. Dit het my altyd gepla dat ek my doekie kan hoor kreukel as ek loop. As `n jong meisie het dit my baie selfbewus gemaak. Maar lapdoekies is sag en baie diskreet.


Ek hoop regtig deur dat ek my ervaring hier deel, dit ander mammas sal aanmoedig om dit probeer. Jy het niks om te verloor nie. 

Groete Mamma S

Comments

  1. ek wil graag doekies vir my dogter maak. wat het jy binne gesit om dit bietjie dkker te maak vir sterk vloei? En is daar enige ti
    pe plasties wat jy geruik dat dit nie deur lek nie?

    ReplyDelete
  2. Dis so maklike projek om self te maak. Ek sit gewoonlik ñ katoenlaag buite en binne. Tussen die 2 lae sit ek ñ pul (plastiek laag) en dan terry towel (handdoekstof) of bamboeslaag. Die PUL is beskikbaar om te koop by mini matters op die internet of by enige goeie materiaal winkel.

    ReplyDelete

Post a Comment

Popular posts from this blog

Natuurlike raad vir baba met winde

Medisyne lys vir babas

Vinnige, maklike, 4 bestanddele dadelballetjies