Tuisgemaakte "wet wipes"


Dis vir baie mammas die norm om wet wipes elke maand te koop. Maar toe ons begin het om meer plastiekvry te leef, het ek besef dat baie min mammas besef dat wet wipes nie herwinbaar is nie. 

As deel van plastiekvrye Julie (PLASTIC FREE JULY) wil ek hiermee poog om meer mammas bewus te maak van die feit dat meeste wet wipes plastiek bevat wat besoedeling vererger. Wet wipes kan nie soos toiletpapier afgespoel word nie, alhoewel baie mammas dit doen, en word ook nie herwin nie. 

Daar is `n paar alternatiewe op die mark wat `n mens kan afspoel maar wees versigtig want `n paar van hulle is misleidend. Ekovriendelik en spoelbaar (flushable) is nie dieselfde nie. Toets altyd of jy dit kan skeur of as jy per ongeluk een in die wasmasjien sou gooi en hy kom heel ander kant uit, is hy nie spoelbaar nie.
Hierdie wet wipes is wel spoelbaar

`n Goeie alternatief is om jou eie natlappies te maak. Daar is baie resepte op die internet maar dit is steeds `n uitgawe en nie herwinbaar nie. 

Die beste alternatief is om wasbare natlappies te maak.

Ek het onlangs vir baba #3 natlappies gemaak uit `n ou flennie kombersie. 
Jy sny die flennie kombersie in blokkies en werk dit net om met die naaldwerk- of omkapmasjien sodat dit nie uitrafel nie.

Elke keer as jy een wil gebruik kan jy hom net natmaak onder die kraan en siedaar!
Ek hou ook `n spuitbotteltjie met water byderhand vir meer gerief of as ons nie tuis is nie. 

Die lappies is baie sagter op baba se velletjie en in plaas van daardie aaklige koue wet wipe, kan jy die lappie met warm water natmaak en baba sal dit darem baie meer geniet.

Hierdie alternatief is goedkoop en daar word nie nog plastiekprodukte vervaardig of op die ashoop gegooi nie.

Ek hoop dat mammas dit `n kans sal gee.

Groete Mamma S

Comments

Popular posts from this blog

Natuurlike raad vir baba met winde

Medisyne lys vir babas

Vinnige, maklike, 4 bestanddele dadelballetjies