Natuurlike raad vir brandboude



As jou babatjie sukkel met brandboudjies en jy het al wat `n salf is op die mark probeer, kan dit nogal `n tameletjie wees.

Ek het eendag gesoek na goedkoop alternatiewe vir boudroom wat jy ook met lapdoeke kan gebruik en wat ek gekry het was regtig koste-effektief en werk baie goed.

Wat jy nodig het is:

  • waslap
  • rekkie
  • 2 el mielieblom soos maizena
Jy maak die waslap oop. 
Gooi die mielieblom in `n hopie in die middel.

Bind al die punte van die waslap saam met die rekkie.



Elke keer as jy doek ruil, pof jy net `n bietjie op baba se boude en dis dit.


Makliker, natuurliker en goedkoper gaan jy nie kry nie.

Hoop julle mammas sal dit probeer en laat weet asb of dit vir jou babatjie gewerk het.

Groete Mamma S

Comments

Popular posts from this blog

Natuurlike raad vir baba met winde

Medisyne lys vir babas

Vinnige, maklike, 4 bestanddele dadelballetjies