Posts

Showing posts from August, 2016

Seun0- 8 maande oud

Image
Die tyd gaan vinnig verby! Seun0 is 8 maande oud en een woelige seuntjie. Sy karakter kom nou mooi na voor en mamma dink hy is `n roosboom want hy het `n baie sterk wil en uitstekende uithouvermoë. Hy is ook `n palmboom want hy is die vriendelikste ding wat dink alles is snaaks. Geiwg : 8.3 kg Lengte : 70 cm Hare en oë kleur : Blonde hare en blou oë. Mylpale :         Tweede tand gesny.                         Kruip vinnig en staan vir die eerste keer self op.                         Staan op teen alles maar val gereeld.                         Lag vir alles.                         Is regtig `n plesier om by te wees. Begin inkennig raak. Lief vir :          Bad in stort.                         Speel in die sand.                         Bal speel met die honde. Plekke besoek : -

Halaalteken op ons kosprodukte- Hoekom ons as Christene daarteen moet opstaan.

Image
Vir die laaste 5 jaar van ons lewens koop ons as gesin doelbewus geen produk met `n halaalteken op nie. Party mense sê dis onmoontlik, ander sê dis onnodig en ander is blootweg nog nooit daarvan ingelig nie. Ek gaan probeer om in 3 eenvoudige punte te verduikelik wat die inligting rondom dit is, dat dit nodig en moontlik is. 1. Inligting Halaal beteken die volgende: “ Halal is an Arabic word which means lawful or permissible. In the specific context of consumables it refers to food that is lawful for consumption. The antonym of Halal (lawful) is Haram (unlawful) which refers to unlawful items. Muslims are permitted to eat the flesh of certain animals, which are required to be slaughtered according to the specified ritual procedures. Pork is totally not permitted. Similarly, any animal not ritually slaughtered will also be categorised as Haram (unlawful). Halal also encompasses all aspects of food hygiene and quality.”   www.sanha.co.za Die halaalteken wat op kosprodu

Seun0 se inseëning

Image
Die Here oortuig ons almal van verskillende dinge op verskillende tye in ons geloofslewe. Ons glo dat die Heilige Gees lank terug, voor ons aan kinders begin dink het, ons begin oortuig het om eerder ons kinders te laat inseën as om hulle te doop. Die kinderdoop is `n gebruik in meeste Suid-Afrikaanse Protestantse kerke vandag. Die oorsprong van die kinderdoop vind ons by die Rooms-Katolieke kerk, die einste kerk waarteen ons voorvaders geprotesteer het en waarom ons vandag Protestante is. Die einste kerk wat ons voorvaders vervolg het en ons gedwing het om `n veilige heenkome in Suid-Afrika te kom soek en vestig. Hoekom hou ons dan nog vas aan `n gebruik wat deur dié kerk ingestel is?   Is dit enigsins Bybels korrek? In die Bybel gee Jesus self die opdrag soos ons dit vind in Matt 28:19: “ Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.

Natuurlike raad vir baba met winde

Image
Voordat Seun0 gebore is, het ek reeds `n verskeidenheid medisyne vir winde gekry om die baba mee te dokter wanneer die onvermydelike winde hulle verskyning maak. Min het ek geweet wat in dié medisyne is en of dit my baba gaan help. Krampwater is die mees bekende doepa om vir die ou kleine wesie te gee wanneer die winde hulle uit die slaap uit hou, maar nadat ek dit een keer vrugteloos probeer het was ek vinnig opsoek na `n alternatief. Aptekers en ander mammas het voorgestel ek probeer koliekdruppels , maar ek het geweet dat Seun0 nie koliek het nie en wou dus nie vir hom medikasie gee vir iets wat hy nie eers het nie. Met my 6 weke ondersoek het ek net so terloops die dokter gevra wat haar voorstel is om te gebruik aangesien Seun0 nog baie klein was. Sy het Reutrina druppels of probiotiese druppels of poeier voorgestel. Ek het hierna die apteek besoek en agter op die boksies begin lees. Niks het vir my natuurlik geklink behalwe die water daarin nie. Ek was steeds opso

Tuisgemaakte Jellie-lekkers

Image
Ek het onlangs `n artikel gelees oor wat alles in jellielekkers is en was geskok oor al die skadelike kleursels en geursels. Ek het besluit dat as jy malvalekkers kan maak en kan jy seker jellielekkers ook maak. Die resep waarna ek gesoek het moes geen suiker bevat nie en maklike wees om te maak. Die resep wat ek gebruik het is as volg: 1/3 kp suurlemoen/lemoensap (vars uitgedruk) 2 el heuning 3el gelatien Maak die sap en heuning warm in die mikrogolf of op die stoof. Nie kokende warm nie, net warm genoeg sodat die gelatien kan oplos. Strooi hierna die gelatien bietjie-vir-bietjie by terwyl jy heeltyd roer. Gooi in vorms of `n glasbak wat gespuit is met “cook-n-spray”. Laat stol en keer uit of sny in blokkies. Die sap kan met enige vrugte sap of puree vervang word, behalwe pynappel. Die finale produk: Groete MammaS