Wat het jy regtig nodig vir `n eerste baba? ( `n Minimalistiese siening)



Toe ons begin dink het oor die komende bondel vreugde, het ons verskeie bronne geraadpleeg, maar al die bronne het `n elle lange lys van uitspattige benodighede opgehad.
Ons wou weer eens so spaarsamig en wys met God se geld wees as wat ons kon.
Ons het dit opgedeel in kategorieë:
Eet , slaap, aantrek, reis en vermaak.
***As jy `n aftiklysie soek vir net die kern baba benodighede, kliek hier ***

Eet
Onder die kategorie het ons besluit dat ek eers sal probeer borsvoed. Ter voorbereiding vir die borsvoeding het ek herbruikbare borsdoekies gekry, `n hand borspomp en 2 vlekvrye staal bottles indien ons so besluit om uit te melk. Ek het ook lanolin salf gekry vir in geval die seer sou kom.
Green kid eco stainless steel bottel

Silikon handborspomp

Aan tafel vasmaak eetstoeltjie

Bumbo vloerstoeltjie

Ek het `n wonderlike borsvoeding ervaring gehad en borsvoed steeds moeiteloos na 1 jaar. Ek weet dat nie almal dit so maklik het nie, maar ek het nie die doekies, salf of borspomp gebruik nie. Ek het gevind dat  uitpomp met hand baie makliker is.
Ons gebruik wel nou die 2 vlekvrye staal bottles vir water en tee.
Nou dat Seun0 al sit en eet, gebruik ons `n geleende Bumbo stoeltjie met skinkbord. Ons gee al sy kos in stukke en het dus geen eetgerei of bakkies of iets nodig nie. Ek sal wel vir die volgende kind `n 2de Handse Bumbo stoeltjie koop want hy is regtig handig.

Opdateer: Met sussie nou 2 jaar oud gebruik ons die stoeltjie wat aan die tafel vasmaak.

Totale kostes: R500 (R700 as Bumbo gekoop was)

Slaap
Ek het geweet dat nagvoedings uitputtend is en het voorgestel dat my man vir my `n kot maak wat aan ons bed kan vas maak. Hy is kleiner as `n normale kot, op ons bed se hoogte en het 3 toe kante. Dit was die beste besluit ooit! Seun0 het daarin geslaap totdat hy 9 maande oud was. 
Kot wat by bed staan

Nog `n opsie om te koop ipv te maak


Daarna het ons hom in `n kampeerkot gesit totdat hy `n jaar is, waarna ons hoop om hom in `n kleuterbed te sit. (wat manlief sal bou).
Kampeer kot is ideaal vir opvou en stoor

Totale kostes: R850 vir beide kotte en kleuterbed.

Aantrek:
Ons het so baie klere gekry van niggie en nefie, ouer babas wat die klere al ontgroei het en by die babatee, dat Seun0 reg was vir sy eerste jaar. Hier en daar het oumas iets gekoop vir `n spesiale geleentheid of net sommer. As ek terug dink is “babygro’s” die maklikste tot en met 3 maande en daarna broek en hemp.

Opdateer: `n Slaappakkie wat oopzip vir sie eerste 6 maande is ideaal. (Bietjie moeilik om te kry maar Woolworths sowel as PnP clothing het)
Zip slaappakkie


 Ons het ook van 3 maande af “gepotty train” (lees meer hieroor hier) so `n broek en hemp was die maklikste om hom vinnig op die toilet te kry en af.

Op die onderwerp van “potty train” het ons besluit om lapdoeke te gebruik. Nie jou ouma se soort nie maar Mother NatureProducts se All-in-one bamboes doeke. Daar is deesdae baie oulike lapdoeke op die mark met prentjies en kom in verskillende soorte uit, bv. “All-in-one” en “Pocket”doeke. Dié verskillende doeke sal ek in `n ander post bespreek.
Lapdoeke is vooraf `n belgging maar werk definitief goedkoper uit op die langeduur. Plus as jy die doeke reg gebruik kan `n paar kinders dit gebruik.
Opdateer: Ek het 2 kinders al met dieselfde doeke groot gemaak en is tans swanger met nommer 3 en sal dieselfde doeke gebruik.

Net nog iets wat ek vir seker hier sal byvoeg is `n slaapsak vir die eerste 6 maande.
Baba slaapsak


Totale koste: R3000 vir die 20 lapdoeke en al die bykomstighede. R500 vir klere wat ons self aangekoop het.

Reis:
`n Baba het vir seker `n karstoeltjie nodig om mee te reis, maar daar is ook verskeie opsies daar buite. Ons het eerstens besluit om nie `n stoeltjie te kry wat kan uit haal as baba klein is nie, en eerder `n vaste karstoeltjie wat van geboorte af tot 3 jaar gebruik kan word. As jy `n stoeltjie koop wat kan uithaal sal jy in elk geval later `n vaste karstoeltjie moet koop en vir ons was dit nie wys om dubbel die geld uittegee nie.
Daarna het ons deur `n paar groot babawinkels geloop en spesifiek na die basis van elke stoeltjie gekyk. Ongeag hoe die materiaal lyk of watter maak dit was, het meeste stoeltjies dieselfde basis gehad. So hoekom meer betaal vir dieselfde ding wat `n prentjie op het of deur `n welbekende vervaardiger op die mark is as jy dieselfde ding goedkoper kan kry. Ons het dus die goedkoopste stoeltjie wat die gepaste gewig en veiligheid onderskryf gekoop.
`n Mens kan ook stoeltjies 2de hands koop mits jy weet van wie die stoeltjie afkomstig is en nie in `n ongeluk was nie.


Babies r Us

Ons het `n waentjie by iemand geleen wat regtig oulik is en wat vir draf doeleindes gebruik kan word, maar ons het dit so min gebruik dat ek regtig nie een sal aanskaf vir my kind nie.


Drafwaentjie

Opdateer: Ek het later die bg drafwaentjie 2de hands aangekoop vir die uitsluitlike doel om mee te draf.

Ek hou egter daarvan om Seun0 aan my lyf rond te dra en het `n “ring sling” gratis gekry vanaf niggie. Die “ring sling” is my gunsteling en op amper `n jaar gebruik ons dit nog daagliks. Ek voed hom daarin, gaan dorp toe daarmee en loop met hom daarin. Dit is vir my veiliger om te weet Seun 0 is by my en niemand kan hom net sommer gryp nie.



Opdateer: Met baba #2 het ek ook `n wrap gehad vir die eerste 2-3 maande en dit gelove!!!

Totale koste: R800 

Vermaak:
Hierdie kategorie sluit in speelgoed, boeke, cd’s, dvd’s of basies enige iets wat gebruik word om die baba besig te hou.

By speelgoed het ons al gesê dat ons verkies om so min as moontlik aan te hou en probeer alles self uit lap of hout maak. Sien hierdie post vir verder inligting daaromtrent.




Ons koop gereeld boeke aan vir voorlees en wat Seun0 geniet om self deur te kyk. Ons is ook aangesluit by ons dorpbiblioteek sodat ons gereeld daar ook boeke kan uitneem.

CD’s of DVD’s wat ons wel aankoop bevat stories wat voorgelees of vertel word of Bybelliedjies wat ons graag in ons kinders se harte wil laat ingaan. Soos by die boeke, sensor ons dit om seker te maak dit bevat geen towery, feetjies, hekse of enige ander derglike dinge nie. Op hierdie punt wil ek sê om versigtig te wees vir Storieman of enige ander storie-CD’s wat baie verhale bevat wat towery, hekse en bose dinge bevat. Ek stel voor jy sit die CD in die rekenaar en “copy” slegs die stories wat wel gehoor kan word oor op die rekenaar. Nou kan jy die “playlist” van jou rekenaar af speel eerder as om gevaar te loop dat die kinders stories hoor wat hulle nie moet hoor nie.





Verder verkies ons dit dat Seun0 homself leer vermaak. Hy het geen loopring, speelmat, speelgoed wat musiek maak of enige ander items wat hom vermaak nie. Ons wil sy verbeelding `n kans gee om te groei.

Totale koste: R300 vir CD’s van geboorte af en R200 elke maande vir Boeke.
Geskatte groot totaal: R5500 vir al baba se benodighede vir 1 jaar.

Ek hoop hierdie lang lys gee mammas daar buite `n idee dat kinders nie baie goed nodig het nie, maar eerder baie liefde en aandag.

Wat is daar wat jy sal wil byvoeg wat jou lewe baie makliker gemaak het? Los asb `n "comment" sodat ander mammas ook daaruit kan baat vind.

Groete MammaS


Comments

Popular posts from this blog

Natuurlike raad vir baba met winde

Medisyne lys vir babas

Vinnige, maklike, 4 bestanddele dadelballetjies