Halaalteken op ons kosprodukte- Hoekom ons as Christene daarteen moet opstaan.




Vir die laaste 5 jaar van ons lewens koop ons as gesin doelbewus geen produk met `n halaalteken op nie. Party mense sê dis onmoontlik, ander sê dis onnodig en ander is blootweg nog nooit daarvan ingelig nie.
Ek gaan probeer om in 3 eenvoudige punte te verduikelik wat die inligting rondom dit is, dat dit nodig en moontlik is.
1. Inligting
Halaal beteken die volgende:
Halal is an Arabic word which means lawful or permissible. In the specific context of consumables it refers to food that is lawful for consumption. The antonym of Halal (lawful) is Haram (unlawful) which refers to unlawful items. Muslims are permitted to eat the flesh of certain animals, which are required to be slaughtered according to the specified ritual procedures. Pork is totally not permitted. Similarly, any animal not ritually slaughtered will also be categorised as Haram (unlawful). Halal also encompasses all aspects of food hygiene and quality.”  www.sanha.co.za

Die halaalteken wat op kosprodukte verskyn kom in vele vorme:
      
Dit dui aan die eienaar van die produk het `n halaalteken van die spesifieke organisasie bekom, deur daarvoor te betaal, om te sê die produk is geskik vir Halaal-gebruik.
Die probleem is nie dat dit `n afgodsoffer is nie, want die Bybel leer ons dat `n afgodsoffer niks is nie en ons kan met gemak die produkte eet.
Die probleem ontstaan egter hierin dat dit nie net op kosprodukte verskyn wat moontlik nie halaal kan wees soos bv hamburger patties nie, ons vind hierdie teken op koffie, suiker, sout en talle ander produkte wat niks met Halaal uit te waai het nie. Hoekom dan die teken aanbring?
Eenoudig: geld! Die Bybel sê in 1 Tim 6:10
“ Want die geldgierigheid is `n wortel van alle euwels;...”
Die eienaar van die produk moet die betrokke halaal-organisasie betaal om te sê die produk  is halaal-geskik, eerder as wat die moslems betaal om die teken op produk te laat aanbring.
Vir wie gaan die geld?
 En hoekom moet ek as Christen vir hulle geloofspraktyke betaal?

2. Nodig
Dit is nodig dat ons as Christene bewus is van wat aangaan om ons. Ons weet nie waarheen daardie geld gaan nie, dalk reguit Moskees toe of terrorisme organisasies. Ons wil nie `n kans vat om die geld wat God aan ons toevertrou het, vir die duiwel se saak te gee nie.
Ek wil ook nie gedwing word deurdat die teken net doodeenvoudig op alles geplaas word en ek onwetend daarvoor betaal nie. Maak dit regverdig. Sit die teken op helfte van die produkte en ander helfte nie. Dat ons ten minste `n keuse het.
Dis definitief nodig om mooi oor die saak te besin as jy besef voor Wie jy eendag rekenskap gaan gee.

3. Moontlik
Ons koop al vir die laaste 5 jaar geen produk met `n halaalteken op nie en kan ek met sekerheid sê ons het nog nooit `n produk gekry wat ons nie meer kon koop omdat daar geen alternatief beskikbaar is nie.
Ons koop die meeste van ons produkte by Spar wat `n goedkoop produklyn, Savemor, verkoop wat geen halaalteken het nie. Verder kan daar produkte by Game se Greatvalue-lyn aangekoop word asook lekkergoed van die Clicks maak. Met `n bietjie moeite vooraf kan jy, soos wat jy deur die winkel beweeg, gou identifiseer watter produkte nie die teken bevat nie en dit eenvoudig net langs die produk skryf. Ek kan prontuit noem dat PnP nie jou beste maat gaan wees nie en julle gou sal besef hoe min alternatiewe keuses beskikbaar is.
Ek hoop hierdie verskaf `n bietjie inligting rondom die Halaal-teken en dat dit nodig is om die produkte te vervang. Ons oordeel niemand wat steeds kies om voort te gaan om die Halaalteken te ondersteun nie, maar ons het `n verpligting om die inligting wat God aan ons gegee het te versprei.

Groete MammaS

Comments

Popular posts from this blog

Natuurlike raad vir baba met winde

Medisyne lys vir babas

Vinnige, maklike, 4 bestanddele dadelballetjies