Vakansie Bybelskool



Vakansie Bybelskool (VBS)
Ons het die afgelope Junie vakansie ons 2de suksesvolle VBS aangebied. Dit was so lekker om met die kinders te werk en werklik die evangelie op hulle vlak aan te bied. Die kinders het gestrek in ouderdom van 3 tot 12jr en is in 3 ouderdomsgroepe verdeel sodat die boodskap aangepas kan word vir elke groep. 
                                        
Die tema vir hierdie jaar se VBS was die Bybeltrein. Ons program het begin in die oggend deur samesang en die bespreking van die tema vir die dag. Elke dag het ons by `n stasie gestop wat gehandel het oor Jesus se lewe.
Die stasies was Jesus se geboorte, lewe as kind, wonderwerke tydens sy bediening, kruisiging, dood en opstanding en laastens die hemelvaart.
Na die opening het die groepe na 4 verskillende aktiwiteite gegaan en so geroteer deur die dag om by al die aktiwiteite uit te kom.  Die 4 versklillende aktiwiteite was Bybelverhaal, kuns, bak-en-brou en buite aktiwiteit.
Die Bybelverhaal het gehandel oor die stasie van die dag bv op Maandag is Jesus se geboorte verduidelik.
                                       
By die kuns aktiwiteit het die kinders `n kunswerk gemaak wat handel oor die stasie vir die dag.
                                       
In die Bak-en-brou afdeling het die kinders oor gesondheid geleer en dan `n gesonde happie gemaak, wat vir baie kinders vreemd was.
Die buite-aktiwiteit het speletjies soos skattejag en `n hindernisbaan ingesluit.

Die kinders het ook tee en middagete gekry en heerlik op die springkasteel baljaar.
Op Saterdag het die kinders vir die ouers `n konsert gehou waarin hulle gewys het wat hulle geleer het tydens die week. Elke kind het ook `n sertifikaat vir bywoning gekry, `n boek en `n waterbottel.
Dit was `n voorreg om weer te kon deel wees van `n wonderlike span mense wat bereid is om `n week op te gee om met hierdie kinders te werk.


Comments

Popular posts from this blog

Natuurlike raad vir baba met winde

Medisyne lys vir babas

Vinnige, maklike, 4 bestanddele dadelballetjies