Seun0 - 7maande


Seun0 was 7 maande oud toe mamma en hy weer Kaap toe is vir `n kuier. Pappa moes werk.
Hy was besig op die vlug soontoe maar geslaap oppad terug. Ons het lekker gekuier, maar ongelukkig het Seun0 geval op `n speelding en `n sny op die kop gekry. Gelukkig geen steke nodig nie.

Gewig: 8.2 kg

Lengte: 70 cm

Hare en oë kleur:Blonde hare en blou oë.

Mylpale:         Eerste tand gesny.

                        Kruip op sy manier.

                        Slaap tussen 6 en 8 ure aaneen.

                        Dra 6 -12 maande klere.

                        Spandeer die meeste van die dag in pottytrainers.

Lief vir:          Bad in ouma se bad.

                        Vrugte en rondry.

Plekke besoek:  Oupa en Ouma B se huis.

                          Bloubergstrand.
 

Comments

Popular posts from this blog

Natuurlike raad vir baba met winde

Medisyne lys vir babas

Vinnige, maklike, 4 bestanddele dadelballetjies