Tuisgemaakte Jellie-lekkers

Ek het onlangs `n artikel gelees oor wat alles in jellielekkers is en was geskok oor al die skadelike kleursels en geursels. Ek het besluit dat as jy malvalekkers kan maak en kan jy seker jellielekkers ook maak.

Die resep waarna ek gesoek het moes geen suiker bevat nie en maklike wees om te maak.

Die resep wat ek gebruik het is as volg:

1/3 kp suurlemoen/lemoensap (vars uitgedruk)

2 el heuning

3el gelatien

Maak die sap en heuning warm in die mikrogolf of op die stoof. Nie kokende warm nie, net warm genoeg sodat die gelatien kan oplos.

Strooi hierna die gelatien bietjie-vir-bietjie by terwyl jy heeltyd roer.

Gooi in vorms of `n glasbak wat gespuit is met “cook-n-spray”.

Laat stol en keer uit of sny in blokkies.

Die sap kan met enige vrugte sap of puree vervang word, behalwe pynappel.

Die finale produk:



Groete MammaS

Comments

Popular posts from this blog

Natuurlike raad vir baba met winde

Medisyne lys vir babas

Vinnige, maklike, 4 bestanddele dadelballetjies