Posts

Showing posts from 2019

Eerste kossies vir baba (Baby Led Weaning)

Image
Vanaf geboorte tot en met 6 maande is voeding vir babas heel eenvoudig: melk. Maar teen die halfjaar-merk begin die vrae opduik; Wat gee ek vir my baba? Hoelaat gee ek vir my baba kos? Hoe gee ek my baba kos? Wat van allergieë?  As dit kom by voeding van babas ouer as 6 maande is daar `n vurk in die pad. Die een roete is die alombekende metode van fyn kossies(puree), beginnende met oranje groente en dan werk jy so deur die kossoorte en teksture.  Daarteenoor is die minder bekende paadjie van eet regte kos. (Baby Led Weaning). Met die metode gee jy vir baba kos wat sag genoeg is om met jou vingers te kan fyn druk maar in sy heel vorm. Dink hier aan slaptjip vorm. Die idee is dat babas van die begin af teksture leer ken, kou en sluk bemeester en kos in `n meer natuurlike vorm waarneem.  As ons na die tabel hierbo kyk, kan jy sien daar is 'n baie groot verskil tussen die metodes. Ek sal aanraai dat jy kies wat die beste vir julle gaan werk en oplees daaroor. Gaan besoe

Roetine vir baba

Kinders floreer op roetine. Dit laat hulle selfversekerd voel as hulle weet wat om te verwag. Wanneer jy vir jou kinders 'n roetine in plek sit, leer dit hulle om te verstaan dat daar 'n natuurlike vloei in die dag is. Babas stel onwetend self hul eie vloei van vroeg af op deur na 'n sekere aantal ure honger te wees of moeg te wees en kan jy maklik daarvolgens vir hulle 'n roetine bepaal. Ons dag roetine lyk soos volg vir baba 0-3maande: 5:30 Opstaan 7:00 Slapie 1 9:00 Wakker tyd 10:30/11:00 Slapie 2 12:30/13:00 Wakker tyd 14:00/14:30 Slapie 3 15:00/15:30 Wakker tyd 17:00 Badtyd 18:00 Slaap vir die nag Ek voed op aanvraag deur die dag. Drink nog so paar keer in die nag en dan herhaal ons weer. Wees net altyd aanpasbaar as baba groeistadiums of siektetye deur gaan. Onthou hierdie is net 'n riglyn en nie die wet nie. Doen wat vir jou gesin werk. Groete Mamma S

Borsvoeding vanaf geboorte (0-3maande)

Borsvoeding voel dalk na die natuurlike opsie om jou baba te voed, maar baie mammas sal vir jou sê dat dit nie altyd so natuurlik kom nie. Maar soos met alles in die lewe, met die regte kennis en bystand sal jy dit ook kan doen. Hier is `n paar wenke oor wat jy algemeen kan verwag: Geboorte: Jou melk is net kolostrum,jou borste voel sag en baba drink min want hul het slegs 5ml nodig per voeding. Baba kan langer aan bors wees net vir "bonding". Wat kan jy doen? Binne die eerste uur na geboorte moet jy probeer om baba te laat latch en sy eerste melkies in te neem. Laat baba baie vel-teen-vel lê en laat baba drink soveel as wat hy wil vir solank as wat hy wil. Dag 3-4: Jou melk kom in. Jou borste voel soos klippe. Moenie uitpomp nie. Baba drink nou meer gereeld, tot elke 2ure. Baba moet nou 8-12 keer in 24 uur drink. 6 nat doeke en 'n paar vuil doeke is normaal. Wat kan jy doen? Laat baba gereeld drink sodat hy kan help om verligting te gee. As dit vreeslik onge

Natuurlike raad vir suurknoppies

Baie babas word gebore met suurknoppies of kry so 'n uitslag wat soos puisies lyk, binne die eerste paar weke van lewe. Dis normaal, niks wat jy eet veroorsaak of vererger dit nie. Jy kan verskeie salfies aansmeer maar as jy dit los gaan dit ook self weg. 'n Natuurlike manier om hierdie knoppies te help verbeter is om koeksoda te gebruik. Maak 'n bietjie koeksoda aan in water en vryf die gesiggie met 'n lappie wat gedoop is in koeksoda. 'n Ander baie strelende manier is om rooibosteesakkie te laat trek en dan die gesiggie af te spoel met die water of om 'n nat tee sakkie oor hulle gesiggies te vryf. Oppas net vir te grof. Hoop dit kan vir iemand help.  Het jy dalk ander raad wat vir julle gewerk het? Deel gerus hieronder. Groete Mamma S

Geboorte storie van Baba #3

My eerste kind se geboorte was 5 ure, 2de kind se maklike geboorte was net so 2 ure en toe kom die derde een Ek het al gehoor dat by die derde kind se geboorte gaan kraam al baie vinniger. Wel ek is hier om jou te waarsku om nie jou ore uit te leen nie. Elke kind is uniek. En elke geboorte ook. Ek was 40 weke en 5dae swanger met #3 toe my water breek. Dit was 15:15. My man besluit toe dat ons nou dadelik hospitaal toe gaan want my vorige geboorte was so vinnig en maklik. By die hospitaal het hulle my ondersoek en ek was 'n volle 2cm ontsluit met 'n koppie wat baie hoog sit. Wel nou is dit 'n wedren teen die horlosie. Ek het volgens hospitaalbeleid net 24 uur om die babatjie uit te kry of dit word 'n keiser. Die rede wat die hospitaal aanvoer is om infeksie te voorkom. Ek het sterk kontraksies gehad maar baie ongereeld. Ons het toe maar om die hospitaal gaan stap. En stap. En stap. Teen 23:00 was daar geen vordering nie. 1:00 is ek kraamkamer toe en hier so

Hoe om goed gedoen te kry met 'n nuwe baba

Ek dink vir elke nuwe mamma is een van die grootste uitdagings om steeds die normale goedjies gedoen te kry terwyl jy omsien na 'n nuwe lyfie. Met my eerste kind het ek gewag tot hy slaap en dan soos blits probeer alles gedoen kry. Dit het soort van gewerk totdat hy nie lus was vir 'n lang slapie nie of hy sou so lank huil ek kon net sowel nog 'n halfuur iets doen. Of jy is so moeg en het eintlik 'n slapie saam baba nodig maar besef dan dat jy nie 'n ander tyd het om iets te doen nie. Nou het ek 3 kinders: 'n 4jarige, 'n 2jarige en 'n baba. Ek gebruik nou 'n ander manier van dinge doen. Ek skryf elke oggend gou 'n lysie van dinge om te doen. Ek verdeel die lysie dan in vinnige takies en langer takies. Ek doen dan elke kansie wat ek het 'n vinnige takie en vat dan een van baba se slapies om 'n langer takie te doen. Prakties gewys doen ek die volgende: Baba word wakker. Ek borsvoed hom. Haal sy doek af en laat hom toilet toe gaan. Si

Na-geboortelike sorg vir Mamma

Image
Nuwe mammas sal baie op lees oor geboorte en babasorg en selfs voorgeboorteklasse bywoon maar mammas word dikwels min tot geen inligting gegee oor na-geboorte nie. Jou liggaam het nou net geboorte gegee aan `n mensie. Ongelooflik! Maar wat nou? Wat het jy nodig? Hoe wend jy dit aan?  Wie kontak jy as jy vrae het?   Ek gaan poog deur die loop van `n paar post om van hierdie vrae te beantwoord. Kom ons begin deur voorbereiding.  Wat het jy nodig na geboorte? Hier is `n handige aftiklysie wat jy as babis kan gebruik. Voeg gerus nog goedjies by. Pynmedikasie vir na-pyne veral na `n 2de kind se geboorte Doekies - lap of weggooidoekies ( Lees gerus meer oor lapdoekies hier ) Gemaklike broekies of weggooi onderklere Witch Hazel in `n spuitbotteltjie ( Lees asb meer hieroor ) Leë koeldrankbotteltjie met `n spuitprop soos `n Poweradebottel ( Lees meer hieroor ) Arnica D6 tablette Rescue remedy Sout vir bad Vitamienes wat jy tydens swangerskap gedrink het Ryssakkie vir hi

Tuisskool vir voorskoolse kinders- Hulpmiddele

Image
Toe ek begin het om hulpmiddele te soek het ek `n paar vereistes gehad: Dit moes eenvoudig wees Dit moes ouderdom gepas wees  Een boek wat verskeie areas dek Ons het vir gr R die volgende gebruik: Bybel Ons lees elke dag uit hierdie Bybel en dit volg die Bybelse volgorde. Dit dek die Ou en Nuwe testament en behels nie net stories van bekende Bybelfigure nie. Hierdie flitskaarte is `n lekker byvoeging en om kinders vragies oor te vra. Wiskunde, lees en skryf Hierdie boek was wonderlik. Die bevat regtig alles op `n eenvoudige wyse. Daar is egter geen kleur in nie, wat dit dalk vervelig kan maak vir sommige kinders. Ekstra materiale vir temas ens. Gratis aflaaibaar vanaf die Onderwysdepartement se webtuiste  Loer gerus ook na my temalys van 50 temas om idees te kry. Ons verkies dit om skool eenvoudig te hou. Daar is `n magdom keuses daarbuite maar hierdie is wat ons gebruik het. Groete Mamma S

Tuisskool vir voorskoolse kinders- Temalys (50 Temas)

By voorskoolse kinders is `n tema elke week `n goeie wegspringplek. Die voordele van temas is dat dit skool opwindend maak en dat kinders se algemene kennis baie verbreed. Jy kan een tema ook by verskillende ouderdomme aanpas. Hier is `n lysie van 50 temas wat jy kan gebruik elke week in tuisskool: 1. Lewe en lewende dinge My liggaamsdele My liggaam- organe Visse en Amfibiee Seediere  Voëls Insekte en spinnekoppe Wilde diere Reptiele Troeteldiere Plaasdiere Nagdiere Eiers/geboorte 2. Plante en voedsel Plante Bome Vrugte en Groente Voedselbronne - hoenders gee eiers, koeie gee melk 3. Gemeenskap helpers Mediese sorg Tandarts Brandweer Polisie Posdiens 4. Aarde Water Lug Wind Vulkane Vuur Skuilings Huise Plase See/riviere 5. Ruimte Sterre Son Maan Planete Ruimtetuie en ruimtevaarders Seisoene Dag/nag 6. Vervoer Seevervoer Lugvervoer Treine Karre, busse ens Motorfietse, fietse ens 7. Wetenskap Sintuie Lig Magnetisme Elektrisite

Tuisskool vir voolskoolse kinders- Gr R

Om te begin met Gr R vir jou kind kan nogals uitdagend wees. Dit is dalk die eerste jaar wat julle tuisonderrig aanpak en jy weet nie regtig waar om te begin nie. Die keuse van wat om te gebruik en die doelwitte wat jy vir jou kind stel kan baie deurmekaar voel. Waar om te begin? Dis maklik om na kleuterskole se programme te kyk en oorweldig te voel maar onthou net een ding: jou kind is nie `n kleuterskool nie. Jy is besig met net een leerder, jou eie kind. So hier is die volgorde van hoe ek begin met `n skooljaar: Ek stel eerste `n lysie mylpale of doelwitte op vir die jaar. Daarna soek ek boeke wat ons as bronne (hulpmiddele) kon gebruik om ons doelwitte te bereik. Volgende deel ek die werk in die aantal weke wat ons gaan skool doen. En elke week deel ek die werkies op in die aantal dae wat ons gaan skool doen. 1. Doelwitte/Mylpale: Ek en man stel `n lysie saam van doelwitte vir elkeen van ons kinders. Hierdie doelwitte sluit lewensvaardighede sowel as akademiese vaard

Tuisskool vir voorskoolkinders - Roetine vir `n voorskoolse kind

As ek aan mense noem dat my kinders nie kleuterskool toe gaan nie want ons tuisonderrig, is die algemene reaksie maar "jou kinders moet speel". Ek dink mense het `n wanpersepsie van wat tuisonderrig vir voorskoolse kinders is. Net omdat ons tuisonderrig beteken nie dat my 4- en 2 jarige heeldag by `n tafel sit nie. Hier is `n voorbeeld van ons daaglikse skedule: 5:30 Opstaan 5:45 Bybel en lees boeke 6:00 Ontbyt         Aantrek         Tandeborsel 7:00 Oggend takies         Mamma-tyd - oefen ens.         Kosmaak vir more 8:00 Skool:  oefeninge (10min)                     musiektyd (10min)                     sirkeltyd    (10min)                     tematyd    (10min)                     tafelwerk  (20min) 9:00    Peuseltyd 9:15    Binnespel met "open ended" speelgoed soos blokkies 10:00 Buite speel - groot motoriese vaardighede 10:30 Lees 11:00 Slaap 12:30 Middagete 13:00 Takietyd binne in die huis saam mamma 14:00 Fyn motoriese werk 14:

Tuisskool - Ons redes hoekom ons tuisonderrig verkies

Dit gaan my verstand te bowe dat mense na Suid-Afrika kan kyk en sien dat geen staatsinstelling vandag meer werk nie. Eskom, SAL, munisipaliteite, staatshospitale, SA-posdiens en noem maar op, is almal bankrot as gevolg van wanadministrasie en nogsteeds ploeter ons voort en sit ons kinders in Staat skole.  As jy die dag siek is, kan ek jou amper belowe dat die staatskliniek en staatshospitaal nie vir jou `n opsie is nie want jy vertrou die fasiliteite heel waarskynlik nie. Daar mag dalk uitstekende dokters en verpleërs wees wat `n passie het om mense te help, maar as die hospitaal nie geld het vir beddens of skoon lakens of toiletpapier nie, is die dokter se hande afgesny en kan hy nie vir jou die nodige sorg verskaf nie.  Net so is dit met ons skoolstelsel. Daar is nog onderwysers en hoofde in staatskole wat `n passie het vir die onderrig van ons kinders, maar as die staat bepaal wat my kind moet leer en die materiaal wat verskaf word is van swak gehalte, kan ons nie verwag dat o

Borsvoeding benodighede

Image
Wanneer jy die besluit geneem het dat jy graag jou babatjie wil borsvoed, gaan die advies van begin inrol. Elke mamma het `n storie, goed of sleg, om te vertel oor haar borsvoedingsreis. Daarom skryf ek nie hierdie artikel uit `n raadgewende oogpunt nie, maar eerder `n praktiese een. Hierdie is net `n gids van produkte wat jou sal kan help op jou borsvoedingsreis. 1. Goeie betroubare leesstof. Of gaan kyk by die volgende webtuiste vir raad: La Leche League 2. Borsvoedingskussing of gewone kussing 3. Borsvoeding Cover 4. Borsdoekies 5. Borssalf 6. Borsvoedingsbras 7. Borspomp of Haaka 8. Borsmelk stoorsakkies of houers 9.  Spoegdoeke 10. Peuselgoed en waterbottel Hierdie lysie dien net as `n gids. Jy kan dalk meer of minder goedjies benodig. Ek borsvoed al 4 jaar sonder ophou en gebruik slegs `n handjievol van die items hierbo gelys.  Wat sal jy sê is jou gunstelingitem vir borsvoeding? Groete Mamma S

Borsvoeding- 2 kinders gelyk (Tandem)

Image
Toe ek swanger geraak het met my 2de kind het ek steeds my eerste kind, toe 13 maande oud, geborsvoed. Vroeg al in my swangerskap het ek vra begin kry oor wanneer was ek van plan om my eerste te speen. Ek was nie bewus dat die feit dat ek my eerste kind deur my 2de swangerskap borsvoed ander mense so pla nie. Maar die opinies het gou vermeerder. Mense was bekommerd oor my gesondheid, omdat borsvoeding volgens hulle te veel vitamiene en minerale uit my liggaam vat en dit die ongebore baba kan skade doen. Hulle was skynbaar ook bekommerd dat my eerste kind na die baba se geboorte jaloers sal wees omdat die baba nou ook borsvoed of dat indien ek besluit om hom na geboorte van die baba te speen sal hy die baba verkwalik en voel dat ek hom verstoot het.  Ek kon nie glo dat iets wat so natuurlik vir my was, was vir so baie mense onnatuurlik nie...want as `n mens kyk na beeste sal die koei eers een kleintjie speen voor sy nog een het.  Ja, ek weet dit klink dalk vir jou ook reg om

Hoe om `n karstoeltjie te kies

Image
As daar een baba noodsaaklikheid is waarsonder jy nie kan klaarkom nie is dit `n karstoeltjie. Nie net is dit vir jou kind se veiligheid nie, dit is ook in ons landswette vervat soos volg: Reg213.  (1C)   An infant is a person below the age of three years Reg213.  (6A)   The driver of a motor vehicle operated on a public road shall ensure that an infant traveling in such a motor vehicle is seated on an appropriate child restraint: Provided that this provision shall not apply in a case of a minibus, minibus or bus operating for reward. Reg 213 (8B) : A child restraint shall comply with the standard specification SABS 1340 ”Child restraining devices in motor vehicles” and bear certification mark or approval mark. Maw as jy `n kind vervoer wat  3 jaar en jonger  is, moet daardie kind in `n karstoeltjie wees wat volgens die SABS standaarde goedgekeur is. Daar is baie opsies op die mark en dit raak dikwels `n baie ingewikkelde storie om te besluit wat om te koop. En omdat dit ook `n