Hoe om `n karstoeltjie te kies

As daar een baba noodsaaklikheid is waarsonder jy nie kan klaarkom nie is dit `n karstoeltjie. Nie net is dit vir jou kind se veiligheid nie, dit is ook in ons landswette vervat soos volg:
Reg213. (1C) An infant is a person below the age of three years
Reg213. (6A) The driver of a motor vehicle operated on a public road shall ensure that an infant traveling in such a motor vehicle is seated on an appropriate child restraint: Provided that this provision shall not apply in a case of a minibus, minibus or bus operating for reward.
Reg 213 (8B):A child restraint shall comply with the standard specification SABS 1340 ”Child restraining devices in motor vehicles” and bear certification mark or approval mark.
Maw as jy `n kind vervoer wat 3 jaar en jonger is, moet daardie kind in `n karstoeltjie wees wat volgens die SABS standaarde goedgekeur is.
Daar is baie opsies op die mark en dit raak dikwels `n baie ingewikkelde storie om te besluit wat om te koop. En omdat dit ook `n redelike duur kopie is, is dit nie een wat ligtelik opgeneem moet word nie
Kom ons kyk nou na hoe jy te werk kan gaan om die regte karstoeltjie vir jou kind te koop.

1. Geiwgstoelating

Karstoeltjies word in groepe verdeel nl. 0+,1,2,3 ens.
Elkeen van die groepe is `n aanduiding van gewigstoelating.
Jy moet nou kyk na die gewig van jou baba of kind en die gepaste groepe identifiseer.  Vir `n pasgebore baba kan jy `n stoeltjie uit groep 0+ of 0+ en 1 groep kies. Die stoeltjie moet ook ingesit word om agtertoe te kyk totdat die kind minimum 9kg is. Hoe langer `n kind agter toe kan kyk, hoe beter is dit vir veiligheid.

2. Uithaal of nie?
Die volgende punt om oor te na te dink is of jy die stoeltjie wil kan uithaal elke keer as jy dit gebruik. Party stoeltjies, veral die in die 0+ groep stoeltjies is van die soort karstoeltjies wat jy heen en weer na en van die motor kan dra wat handig is as baba reeds in die karstoeltjie aan die slaap geraak het. Dikwels kan hierdie stoeltjies ook in `n waentjie vasgesit word as deel van `n reissisteem (travel system).
Deesdae is daar ook stoeltjie op die mark wat verander in `n stootwaentjie. Hierdie is `n baie duurder opsie maar seker mammas kies die gerief bo die prys. 


3. Prys en kwaliteit
As jy beplan om die stoeltjie vir `n paar jaar of `n paar kinders te gebruik, is dit wys om `n bietjie duurder stoeltjie te koop. Maar wees egter gewaarsku dat nie alle stoeltjies wat duurder is noodwendig beter kwaliteit is nie. Party keer betaal jy maar vir die naam soos dit ook maar is met alles in die lewe. Vra ander mammas uit oor wat hulle al gekoop het en hoekom hulle van die stoeltjie hou of nie.

4. Ekstras
Party stoeltjies, veral as dit kom by groepe 1, 2 en 3 het `n hele paar ekstras by soos `n koppiehouer(cupholder). Ander se kopstukke kan skuif en die stoeltjie kan ook agtertoe leun vir `n gemakliker slaapposisie.  As julle ver pad met die stoeltjie gaan aflê is die slaapposisie dalk vir jou belangrik of as julle in `n baie warm area bly waar `n kind regtig `n waterbottel tot sy beskikking moet hê ten alle tye, is die koppiehouer dalk iets wat jy sal wil insluit. Al hierdie ekstras is egter steeds `n persoonlike keuse wat julle lewenstyl die beste gaan pas.


My persoonlike keuse is om `n karstoeltjie van geboorte te hê wat in die kar bly en wat vir langer as net die pasgebore stadium (tot 9kg) gebruik kan word. Ek kies dus `n stoeltjie uit die groep 0+ en1 uit. Tot en met 9kg (vir my kinders is dit `n jaar lank) wys die stoeltjie agtertoe en daarna voorentoe totdat ek weer die stoeltjie nodig het vir `n 2de baba. Daarna skuif ek hulle na `n groep 1,2 en 3 stoeltjie toe wat hulle kan gebruik totdat ons voel `n stoeltjie is nie meer nodig nie. (+/- 12 jaar oud)


Op die ou end maak die naam van die stoeltjie nie saak nie. As hy goedgekeur is vir die gewig van die kind waarvoor jy hom gaan gebruik is dit beter om jou kind in `n stoeltjie te sit as glad nie. 

Ek sien so baie ouers rondry met hulle kind/ers, selfs jonger as 3, wat nie in karstoeltjies is nie en dan wonder ek hoe daardie ouer gaan voel as daardie kind/ers beseer word agv `n ongeluk. Ek wens meer ouers wil hul kind se veiligheid hoër op prys stel en karstoeltjies meer ernstig opneem.

Wat is jou keuse as dit kom `n karstoeltjie?

Groete Mamma S




Comments

Popular posts from this blog

Natuurlike raad vir baba met winde

Medisyne lys vir babas

Vinnige, maklike, 4 bestanddele dadelballetjies