Posts

Showing posts from 2020

Maklikste en lekkerste koekies vir kinders

Image
Hierdie koekies is regtig maklik en vinnig om aanmekaar te slaan. Die kinders kan ook met liefde van die deeg eet omdat dit geen eier bevat nie. Bestanddele:  1 kp botter of goeie margarien 1/2 kp maizena of mielieblom 1/2 kp versiersuiker knippie sout  2 kp koekmeel Metode: Meng saam met die sagte botter die versiersuiker, mielieblom en sout by.  Voeg die helfte van die meel in en meng. Voeg die orige meel bietjie vir bietjie by tot die deeg nie meer taai is nie. Laat deeg in yskas rus vir ten minste `n half uur.  Kan ook gevries word vir latere gebruik. Rol deeg uit en druk vorms.  Bak by 180* C tot ligbruin. Laat afkoel op afkoelrak.

10 Dinge wat kinders moet weet voor hulle 8jaar oud is

 Daar is `n paar algemene dinge wat alle kinders behoort te weet teen die tyd wat hulle 8 jaar oud is. Baie keer maak ons as ouers so staat op die skool dat ons vergeet om seker te maak dat ons kinders hierdie basiese kennis en vaardighede onder die knie het. 1. Om hul naam te skryf `n Kind behoort hul naam en van op die regte manier te skryf en nie alles in hoofletters nie bv. Miané Smit en nie MIANE SMIT nie. 2. Ken hul basiese persoonlike inligting `n Kind behoort sy adres,ouers se name en `n telefoonnommer te ken. `n Kind behoort die volledige geboortedatum te ken, dag, maand en jaar. bv 2 Oktober 2013 3. President `n Kind behoort te weet wie die President is van hul land. 4. Kontinent, land, provinsie en dorp `n Kind behoort deur hul kontinent, land, provinsie en dorp te ken te kan bepaal waar op die wêreldkaart hy homself bevind.bv Afrika, Suid-Afrika, Noord-Kaap, Kathu. 5. Om `n baiese ete te kan maak Dalk roereiers in die mikrogolf of `n broodjie te kan smeer. Net iets eenvoudi

Beste ongebakte melktert

Image
 Die resep is so eenvoudig, `n beginner kan dit met sukses maak. ****Kors kan bestaan uit tennisbeskuitjies of gekoopte/gemaakte kors of geen.**** Bestanddele: 1lt melk 2tl botter/margarien 200 ml suiker 3 eiers 80 ml maizena 80ml koekmeel of jy kan maizena los en 160ml koekmeel gebruik 1/2 tl sout Metode: Gooi melk en margarien in pot en laat stadig tot kookpunt kom. Gooi suiker, sout, eiers, maizena(of nie) en koekmeel in `n bak en meng goed saam. Neem nou `n 1/2 kp van die melk uit die pot en voeg dit stadig by die eiermengsel en klits deeglik. ***Hierdie proses is "temepering". En dit is wanneer rou eiers eers warm vloeistof bykry voordat jy dit by die warm vloeistof ingooi. Indien jy dit nie doen nie sal jy roereiers in melk kry.  Gooi nou die eiermengsel stadig by die kokende melk en klits nou aanhoudend sodat dit nie aanbrand of klonte maak nie.  Gooi in `n voorbereide tertbak. Plaas in yskas om af te koel. Sprinkel dan kaneel oor die koue melktert en geniet. Hoop jull

Na-geboorte naelstring versorging

Image
Ek dink een van die dinge wat alle mammas pla van pasgebore babas is die ou naelstring stompie wat in die pad is. Jy sukkel met doek omruil of klere wat daaraan vashaak. En in sommige gevalle kan die naelstring stompie ook infeksie kry. Maar wat kan jy doen om die naelstring te versorg? Hier is `n paar wenke as dit by die versorging van die naelstring kom: (LW! Ek is nie `n mediese dokter nie, net `n mamma wat haar ervaring met 3 kinders en die ervarings van ander mammas met julle deel) 1. Hou die naelstring droog . Laat die kleinding soveel as moontlik oop wees. Lê hom in `n sonkolletjie waar die son deur `n venster skyn. 2. Probeer om hom nie te bad  totdat die naelstring af is nie . Gebruik eerder `n sponsie of `n waslap om baba net af te vee.  3. Gebruik Witch Haze l (sonder alkohol) (beskikbaar by enige apteek) om aan te smeer wat help om die naelstring uit te droog en vinniger te laat afval. 4. Daar is ook studies wat wys dat borriepoeier sterk anti-inflammatoriese eienskappe be

Hoe om gehoorsame kinders groot te maak

Image
Ek het onlangs `n baie oulike video gesien van `n gesin met 6 seuns. Dit is baie mooi uiteengesit hoe hulle streef om gehoorsame kinders groot te maak.  Hier is die skakel indien jy die video self wil kyk: Tiny notes from Home   Wat ek hieruit geleer het en streef om te doen is die volgende 10 dinge: Hoop julle leer ook iets hieruit. Groete MammaS

Takies vir kinders in die huis

Ek begin baie vroeg om vir my kinders takies in die huis te gee, nie omdat ek `n slawedrywer is nie maar omdat klein kindertjies dit geniet om te doen wat mamma en pappa doen.  Hier is `n lysie van werkies wat kinders kan doen van vroeg af. In die huis: Groot glasdeure spuit en afvee (was) Vuil wasgoed in mandjie gooi Wasgoed in wasmasjien gooi  Wasgoed in tuimeldroër ingooi en uithaal Kouse sorteer Waslappe of klein handdoeke opvou Wasgoed in kas bêre Potplante water gee Speelgoed opruim Bedjies netjies maak In die kombuis: Vee met `n klein besempie Mop Opvee met `n klein skoppie en borsel Tafels afvee Skottelgoedwasser help uitpak Saam kosmaak en bak Tafel dek en afdek Eie peuselhappie kry bv. eier afdop of vrugte soos piesang skil en sny Eie skottelgoed was In die badkamer: Hande was en afdroog  Speelgoed uit die bad haal Hare kam Tande borsel en wegpak Handdoeke op lae hakie ophang Troeteldiere: Kos gee Water  gee Hok skoonmaak Speel met die troeteldier of gaan stap Buite die huis:

Wenke vir skoonmaak met klein kinders

Image
Ek het tans 3 klein kindertjies wat 4jr, 2jr en 8 maande oud is. My tyd is baie beperk maar ek hou daarvan dat my huis skoon moet wees. Daar is baie manier om dit reg te kry en elke gesin moet doen wat vir hulle werk.  Ander metodes om dit ook reg te kry is om een taak per dag te doen soos om net stofsuig of om een vertrek per dag te doen soos net die badkamers. Die metode wat ek hier gaan bespreek is wat vir ons werk. Ons maak 1 maal per week, gewoonlik Sondagoggend, die hele huis skoon. Stofsuig, afstof, was vloere, trek beddens oor ens. Al wat dan nodig is, is om dit te onderhou gedurende die week. Hier is `n paar wenke oor hoe ek die basiese take elke dag verrig. 55555  Die vinnige vyf  55555 Elke oggend en middag doen ek 5 basiese takies om orde in die huis te herstel. 1. Maak beddens op. 2. Doen 1 bondel wasgoed.  3. Vee alle werk soppervlakte, wasbakke en tafels af. 4. Vee die vloer, net waar nodig. 5. Doen skottelgoed.  Ek gaan deur die bg lysie 2 maal per dag. Dit vat my net 1

Raad vir haarverlies na geboorte

Met elkeen van my 3 babas het my hare begin uitval om en by 3 maande na geboorte. Dit is blykbare 'n normale verskynsel en baie mammas ondervind dit. Maar wat kan jy doen daaromtrent? Lees gerus hier meer oor nageboortelike haarverlies: https://www.mamanatural.com/postpartum-hair-loss/ Hier is 'n paar wenke wat my gehelp het: 1. Minder was Probeer jou hare se wasroetine aanpas. Probeer die dae tussen wasse rek. 2. Minder of geen produkte gebruik Gebruik minder sjampoe en opknapper of probeer selfs geen sjampoe nie. (kliek hier om meer hieroor te leer) 3. Minder stilleer en kam Maak jou hare vas op 'n eenvoudige manier sodat jy nie gedurig daarmee karring nie. Dis nie nou die tyd om ingewikkelde vlegsels en haarstyle te probeer nie. 4. Vermy hitte Hitte maak die min hare wat oor is bros wat dan maklik kan breek. Laat jou hare natuurlik droog word. 5. Geduld Hierdie is net 'n fase wat gewoonlik teen 6 maande na geboorte sal oorwaai. Jou hare gaan nie all

Lys van Baba benodighede

Hierdie is `n lys van baba benodighede wat die kern bevat. Dit is in drukbare formaat onder-aan.  Hier is die drukbare formaat:   Kliek op die link  PDF Drukbare lys  of op die lys hieronder.

Eetgerei vir eerste kossies

Image
Soos ek in 'n vorige post ( kliek hier om dit te lees ) gesê het, doen ons Baby Led Weaning (BLW). Ek gee kos op sy bordjie/tafeltjie en voer hom glad nie. Hier is 'n paar van die goedjies wat ek gebruik en verfyn het tot die nodigste met #3. Stoeltjie/tafel Baba moet 'n stewige stoel met skinkbord hê om by te eet of by die tafel saam met ander. Bib/ Borslap Verkieslik een wat die kos gaan opvang want in die begin is hulle hand tor mond koördinasie maar twyfelagtig. Bord/ bakkie As jy kan, vergeet van 'n bord, maar as die bord behoorlik klou op die tafel sal ek dit aanbeveel want die lippie van die bord/bakkie help klein vingertjies wat nog oefen om kos te vat. Lepel Gebruik van die begin af regte eetgerei so ver moontlik.  Ek verkies egter in die begin om 'n metaallepel met sagte bakkie voorkant te gee. Vurk Koekvurkies is 'n wenner of die een wat jy saam met jou lepel gekoop het. Beker, bottel, glas Ons probeer so go

Vinnige, maklike, 4 bestanddele dadelballetjies

Image
As jy opsoek is na `n alternatief vir lekkergoed vol suiker of jou babatjie begin nou eers eet is hierdie resep ideaal vir jou. Dit bevat slegs 4 bestanddele, is vegan, gesond en boonop alles lekker. BESTANDDELE: 1 1/2 kp Dadels (maak sag deur in kookwater te laat lê) 2 el kakao 1 kp hawermout (oats) 1 kp klapper STAP 1: Maak dadels fyn met `n voedselverwerker, smoothie maker of `n staafmenger. STAP 2: Gooi die droë bestanddele by en meng deeglik. STAP 3: Rol balletjie en plaas op bakplaat of iets met `n plat oppervlakte soos `n deksel en sit in vrieskas. OPSIONEEL: Rol laastens in ekstra klapper of kakao. Ek hoop julle geniet dit net so baie soos my kinders. Groete Mamma S

Hoe om kinders te laat buite speel

Image
Alle mammas het seker al beleef hoe jy jou kinders uit stuur om te gaan speel en 10 minute later te hoor dat hulle niks het om te doen nie. Hier is 'n paar wenke om jou kinders aan te moedig om langer buite te speel en dat hulle dit selfs geniet. #1 Verskaf die nodigste Let wel, die nodigste. Nie elke liewe buite speelding op die mark nie. *Sand *Water * Klimding (bome, bande, hope sand ens.) * Swaai of spring apparate. (Tou in die boom is piekfyn) * Skop, slaan of gooi goed. (Balle, boontjiesakkies ens) #2 Bepaal die tyd Hoelank moet jou kind buite speel? Jy kan nie verwag die kind moet heeldag buite speel nie maar 10 minute per jaar van ouderdom is gepas. 'n 6jarige kan maklik 1 uur buite speel. #3 Oefen dit in Sit buite of speel saam vir 'n rukkie en dan los jy die kind om alleen verder te speel. Veral as dit 'n alleenkind is. #4 Bly die kind terug stuur As jou kind in kom voor die tyd verby is, stuur hom doodeenvoudig terug

Binnehuise swaai vir baba

Image
Ek het onlangs `n probleem gehad met baba #3. Hy kan al sit, maar nie regtig lank nie en as hy op die vloer is kan die ouer kinders hom moontlik beseer. So ek het `n plekkie nodig gehad om hom veilig neer te sit terwyl ek huiswerkies verrig. Ek het op `n babaswaai afgekom wat heel maklik gelyk het en dit probeer. ( link na die oorspronklike inspirasie ) Hier is die stappe wat ek gevolg het indien jy dalk self een aan mekaar wil slaan. Benodighede: 1m x 1m sterk materiaal 4 x 40cm "dowel"/tappenne 30cm x 30cm spons of "batting" 2 x 5m stukke tou 2 x carabiners  Stap 1: Sny materiaal soos volg: Blok A: 30cm x 90cm (2 stukke) Blok B: 30cm x 28cm (2 stukke) Blok C: 15cm x 28cm (2 stukke) Stap 2: Werk die 2 stukke van Blok B aan 3 kante vas (regte kant na binne) en draai binne kante na buite. Herhaal met die Blok C stukke.  Stap 3: Bepaal die middel van een van Blok A se stukke. Plaas nou Blok B bo-op Blok A sodat die middel van elke blok

Wenke vir tande borsel

Image
Tande borsel... Ai. Menigte mammas het al die stryd aangedurf om hulle kinders te kry om tande te borsel. Hier is 'n paar wenke oor hoe jy die taak van tande borsel kan aanpak: #1 Begin as baba Ja, jy het reg gehoor. Sodra baba kan eet is dit tyd vir tande borsel. Net met water is voldoende. Daar is oulike tandeborsels beskikbaar maar die maklikste is 'n silikon een wat aan jou vinger kom en waarmee jy dan borsel. Gee vir baba om self ook te kou en daaraan gewoond te raak. #2 Maak beurte Laat jou kind eerste borsel en dan kry jy 'n beurt en so aan. Ek sê ook vir my kinders dat hulle net die tande moet borsel wat hulle wil hou. #3 Maak dit pret Lees 'n boekie saam oor tande borsel of die tandarts. Sing 'n liedjie vir hulle om hulle aan te moedig of kyk wie kan die mooiste glimlag as hy borsel. Ons sing altyd: Borsel jou tande elke dag, elke dag, elke dag, Borsel jou tande elke dag, dan kry jy 'n mooi glimlag. #4 Elekt

Beste raad vir 'n nuwe mamma

Image
Meeste nuwe mammas kry die raad om te"slaap as baba slaap". Maar dit is regtig moeilike raad om te volg. Partykeer is dit die enigste tyd wat die mamma nie 'n baba in haar arms het nie en kan sy dus gou iets gedoen kry.  Ek het al 'n tydjie terug die beste raad ooit gehoor en ek kan vir seker getuig dat dit nog met elkeen van my 3 kinders gewerk het. "Water en vars lug".  Dis dit. Dis so eenvoudige stukkie raad maar dis so effektief. Water en vars lug is die oplossing vir enige situasie waar mamma en baba net nie meer kan nie.  As baba net huil, bad hom. Of gaan stap buite. As mamma en baba oor gestimuleer is, gooi 'n kombers buite oop en lê net op hom. As mamma voel sy wil skree, vat 'n lang stort alleen of hou baba vas in die stort. As baba net verveeld is en  baba kan sit, tap 'n skottel met bietjie water in en laat baba speel.  Water en vars lug verbeter enige situasie. Dit is voorwaar die beste raad aan 'n nuwe mamma.  Gro

Voorbehoed- Natuurlik of Hormonaal?

Image
In breë trekke is daar 2 kante van die munstuk as dit kom by voorbehoedmiddels: Natuurlik of hormonaal. Natuurlike voorbehoed verwys na enige metode of middel wat nie hormoon-manipulasie gebruik nie.  Hormonale voorbehoed verwys na enige metode of middel wat jou hormone manipuleer om sodoende nie swanger te raak nie.  Natuurlike voorbehoed 1. Kondoom 2. Uittrek metode 3. Permanente voorbehoed bv. vasektomie  4. Kalender metode 5. Vaginale Spons * Koper IUD gebruik nie hormone nie, maar veroorsaak inflammasie wat selfs `n bevrugte eiersel sal afdryf. Maw dit kan vroeë aborsies veroorsaak. Hormonaal 1. Pil 2. Patch/plakker 3. Inspuiting 4. Vaginale ring 5. IUD  6. Inplanting Ek is nie 'n mediese dokter nie en wil geen raad gee nie. Ek wil net graag my ervaring deel. Toe ek en my man verloof was het ons begin kyk na voorbehoed. Ek was nog nooit op die pil of enige iets hormonaal nie. Die dokter het nie eers opsies met my bespreek nie en net die mini-pil voorg

Is kinders regtig duur?

Image
Ek wil graag baie kinders hê. Hierdie stelling laat mense se monde oopgaan en die nommer een vraag wat almal vra is: Hoe kan jy dit bekostig, want kinders is duur?  Ek wil hierdie vraag beantwoord vandag deur `n stelling: Kinders is nie duur nie, jou leefstyl is. Daar is baie opofferings wat mense met baie kinders maak wat ander mense nie bereid is om te maak nie. Ons kies `n eenvoudige leefstyl in ruil vir kinders.  Hier is `n 5 maniere hoe om kinders op `n goedkoper wyse groot te maak. 1. Bababenodighede. Koop lapdoeke wat nie net geld spaar nie maar die omgewing. ( kliek hier om meer te lees ) Koop net die nodige, tweedehands sover moontlik en net genoeg. ( kliek hier vir `n lys van bababenodighede) 2. Speelgoed Koop tweedehands.  Koop nie te veel nie...minder is beter. Maak self speelgoed. ( kliek hier om nog speelgoed idees te kry ) of hier vir babaspeelgoed. Gaan biblioteek toe en neem boeke uit. 3. Uitstappies Gaan na gratis plekke toe, hou piekniek op